Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kitskaptein gelyk bang én blinkoog

Die gedagte dat hy die Proteas tot iets baie spesiaals kan lei, laat Temba Bavuma se hart vinniger klop.

Die tyd sal leer of hy reg is vir sy nuwe rol, meen Temba Bavuma, hier teen Engeland in aksie. Foto: Getty Images

Maar terselfdertyd het hy die afgelope week geen geheim daarvan gemaak nie dat sy nuwe rol as Suid-Afrika se kitskaptein sy broek ’n bietjie laat bewe.

“Dit is ’n vreesaanjaende reis wat wag, maar ook ’n opwindende een,” het Suid-Afrika se eerste etnies swart krieketkaptein gesê nadat hy Donderdag tot dié rol bevorder is.

Die Lions-kaptein sal nou Suid-Afrika se leisels hou by albei die volgende T20-wêreldtoernooie (vanjaar en volgende jaar) en 2023 se Wêreldbekertoernooi.

Dis veral merkwaardig as jy in ag neem dat hy nie in 2019 se Wêreldbekerspan was nie, omdat hy toe nog as ’n toetskolwer beskou is.

“Ek het nooit gedink ek sal (die Proteas se kitsspan) iewers in die toekoms lei nie,” erken Bavuma. “Dit het nie realisties gevoel nie.

“Maar die ambisie om witbalkrieket te speel was altyd daar en ek dink ek het die laaste paar jaar baie gegroei. Of ek nou reg is vir die rol, sal die tyd leer. Maar ek is verbind daartoe en sal graag die ouens na iets spesiaals wil lei. Ek is bereid om te leer en te groei in die posisie.”

Ook Dean Elgar, die Proteas se nuwe toetskaptein, skram nie weg van die groot taak wat nou op hom wag nie.

Die hotklou-kolwer, wat 67 toetse agter sy naam het, neem die kapteinskap oor van ’n span wat dun aan ervaring is. Oor die land se jong talent is hy egter baie opgewonde.

“Ons het ’n rits jong en opwindende spelers wat op plaaslike vlak aan die deur geklop het. Baie van hulle breek al die deur af. Ons is dalk ’n bietjie dun wat ervaring betref, maar dit sal goed wees om vars bloed te hê,” sê hy.

“Bygesê, daar is ook steeds ervare spelers op wie ek kan steun. Dit gaan ’n hengse, maar opwindende uitdaging wees.”

Elgar het die toetsspan twee keer vantevore gelei: tot ’n nederlaag teen Engeland in Londen in 2017, en ’n sege oor Pakistan op die Wanderers in 2019.

Hy sê daar het baie water in die see geloop sedert hy die eerste keer as kaptein waargeneem het en hy het hope lesse geleer.

“Die oop Dean Elgar gaan nie nou skielik verander net omdat ek kaptein is nie,” sê hy. “Ek is bewus van die verantwoordelikhede wat met die pos gepaardgaan.”

Meer oor:  Dean Elgar  |  Proteas  |  Temba Bavuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.