Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas se Lizelle kolf Kiwi’s flenters

’n Omgesukkelde Lizelle Lee het met haar kolf die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan gehelp om Nieu-Seeland Saterdag oortuigend in Auckland te klop.

Suid-Afrika se Lizelle Lee het haar kolf Saterdag die praatwerk laat doen. Foto: Getty Images

Die Proteas het die Kiwi’s met sewe paaltjies geklop in die eerste wedstryd in die reeks van drie.

Nieu-Seeland het eerste gekolf en is tot 259/9 in 50 boulbeurte beperk, waarna Suid-Afrika (260/3) die wenlopies in die 49ste boulbeurt gemoker het.

Lee (99, 99 balle) en Laura Wolvaardt (91*, 124 b) het 163 lopies om die eerste paaltjie aangeteken, voordat Lee uit is.

Teen daardie tyd was die Nieu-Seelanders se fut lankal reeds uit en het die kaptein, Dane van Niekerk (37, 43 b), aangegaan waar Lee opgehou het.

In die Kiwi’s se kolfbeurt het twee naatboulers, Masabata Klaas (3/37) en Ayabonga Khaka (3/43), die beste met die bal vertoon.

Die tweede wedstryd word Maandag, ook in Auckland, beslis. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.