Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas se Suné g’n ‘Poppie’ op veld
Suné Luus kan een van Suid-Afrika se troefkaarte in Australië wees. Foto: Getty Images

Toe die Protea-vrouekrieketspeler Suné Luus destyds as skoolkind langs die veld was, was sy ’n “regte prinsessie”.

So vertel Arno van Wyk, die Hoërskool Menlopark in Pretoria se direkteur van krieket, oor Luus, wat daar skoolgegaan het.

Ons het haar Poppie genoem, sy was ’n regte prinsessie. Op die veld was dit egter ’n ander storie, dan was dit behoorlik oorlog.

Die 24-jarige Luus is een van Suid-Afrika se troefkaarte in die T20-Wêreldbeker-toernooi, wat Vrydag in Australië begin.

“Ons het haar Poppie genoem, sy was ’n regte prinsessie. Op die veld was dit egter ’n ander storie, dan was dit behoorlik oorlog.

“Sy moes baklei, dit is hoe sy op die veld is. Dit was iets verskriklik. Sy is iemand wat honger was vir sukses en presies geweet het wat sy wou bereik.

“Dit was nie snaaks om haar al 06:00 te sien balle slaan in die nette nie,” sê Van Wyk.

Suné Luus stuur vroeër dié week ’n aflewering af teen Australië tydens ’n oefenwedstryd in Adelaide. Foto: Getty Images

Luus is ’n draaibalbouler en topordekolwer en het die nasionale span ook by geleentheid aangevoer.

Sy het as 16-jarige haar buiging vir die Proteas gemaak.

In gr. 8 en gr.9 was sy in die Parkies se seunspan, voordat sy buitemuurs by Tuks gaan speel het.

“Vir haar blootstelling was dit belangrik dat sy saam met die seuns gespeel het. Ek dink juis dit is een van die groot redes vir haar sukses.

“Sy was die beste draaibalbouler in haar ouderdomsgroep. Eintlik was sy aanvanklik ’n bouler wat kon kolf. In haar laaste wedstryd vir die o.15-span het sy vyf paaltjies teen Affies (Afrikaanse Hoër Seunskool) laat kantel.

“Sy het egter besef as sy vir die nasionale span wil speel, sal sy ook ’n goeie kolwer moet wees. So ons het baie aandag aan haar gegee en sy het die bal begin raakslaan,” sê Van Wyk.

Hy sê dat die seuns wat Luus se spanmaats op skool was haar aanvaar en respekteer het omdat sy met hulle kon meeding.

Suid-Afrika begin sy aanslag op die titel Sondag teen Engeland in Perth.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.