Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas se toer na Pakistan afgelas

Die Proteas se kriekettoer na Pakistan is van die baan.

Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket-Suid-Afrika, sou die Pakistanse Krieketraad (PCB) Vrydag inlig dat hulle nie meer in Maart na dié land gaan reis nie.

Dale Steyn in 2007 ná ’n toets in Karatsji. Foto: Getty Images

“Die werklading is eenvoudig te groot vir ons spelers. Die toer is ook net voor die Indiese Premierliga begin,” sê Faul.

Pakistan wou gehad het Suid-Afrika moes na sy drie eendagwedstryde in Indië op 12, 15 en 18 Maart ook in drie T20-wedstryde in Rawalpindi teen Pakistan speel.

Volgens berigte sou die Proteas ná hul amptelike toer in Indië dalk ’n ruk in Dubai moes aanbly tot die einde van die Pakistanse Superliga (PSL), wat op 22 Maart eindig.

’n Vroeëre berig op espncricinfo.com lui dat ’n afvaardiging onder leiding van die veiligheidspesialis Rory Steyn Pakistan in Maart tydens die PSL sal besoek, soos wat baie lande se spelersverenigings deesdae vereis.

Suid-Afrika het laas in 2007 in Pakistan getoer.

Die twee lande se internasionale verpligtinge is sedertdien in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.

Die werklading is eenvoudig te groot vir ons spelers.
Jacques Faul

Die PCB sê daar is die laaste paar jaar te veel krieket in Lahore en Karatsji gespeel en het daarom Rawalpindi voorgestel, “waarmee Suid-Afrika gemaklik was.”

Sri Lanka het in September en Oktober wedstryde in Karatsji en Lahore gespeel.

Die Sri Lankaanse span was in Maart 2009 in Lahore die teiken van terroriste.

Die span was die oggend van die derde dag van die tweede toets op pad na die veld toe daar op sy bus geskiet is.

Lede van die span is gewond in die skietery waarin polisielede en burgerlikes dood is.

Bangladesj toer tans in Pakistan. Die T20-reeks is in Lahore gespeel, terwyl die eerste toets in Rawalpindi beslis is.

Australië was in 1998 laas in ’n wedstryd in Pakistan in aksie, terwyl Engeland in 2005 laas in die land gespeel het.

Meer oor:  Pakistan  |  Krieket  |  Proteas  |  Jacques Faul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.