Die Proteas se eerste eendagwedstryd teen Engeland is Vrydag weens ’n positiewe koronavirusgeval in die Suid-Afrikaanse krieketkamp tot Sondag uitgestel.

Kugandrie Govender, KSA se waarnemende uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images
Krieket Suid-Afrika (KSA) sê een van die Proteas is positief vir die virus getoets in die laaste ronde van toetse, wat Donderdag voor die eendagreeks gedoen is.
“In die belang van die veiligheid van albei spanne en wedstrydbeamptes, het Kugandrie Govender, die waarnemende uitvoerende hoof van KSA, en Tom Harrison, die uitvoerende hoof van die Engelse Krieketraad, besluit om die eerste wedstryd uit te stel.”
Die eerste wedstryd vind nou op Bolandpark in die Paarl plaas. Die tweede wedstryd word vir Maandag op Nuweland beplan. Die reeks eindig Woensdag met die derde eendagwedstryd op Nuweland.