Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas skitter in afwesigheid op ranglyste

Die Proteas se reeksoorwinning in die T20-reeks oor Pakistan is nie te versmaai nie, maar tog bevind geen Suid-Afrikaner hom onder die voorste tien kolwers óf boulers op die wêreldranglyste in dié formaat nie.

Faf du Plessis lê die langsteel in teen Pakistan op Nuweland. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika skuif ná sy oorwinning van 2 – 1 oor Pakistan, wat as die voorste T20-span beskou word, weliswaar in die gesamentlike derde plek saam met Engeland in.

Pakistan is steeds in die eerste plek, gevolg deur Indië, 11 punte daarna in die tweede plek.

Faf du Plessis, wat net in die eerste wedstryd in die reeks gespeel het, is die voorste Suid-Afrikaner op die lys van kolwers. Hy het drie plekke van die 20ste na die 17de plek geklim.

Die Pakistani Babar Azam is steeds die voorste kolwer, gevolg deur die verloopte Suid-Afrikaner en huidige Kiwi Colin Munro, en die Aussie Aaron Finch.

Ek het hom! Andile Phehlukwayo vier fees nadat hy die Pakistani Hussain Talat se paaltjie in die derde T20-wedstryd op Centurion gekry het. Foto: Gallo Images

Imran Tahir is die voorste Protea-bouler op die ranglys. Dié draaibalbouler, wat nie in die reeks in aksie was nie, het nege plekke geval en bevind hom nou in die 19de plek. Hy is in Pakistan gebore.

Afganistan se Rashid Khan is die voorste bouler, met Indië se Kuldeep Yadav en Shadab Khan van Pakistan in onderskeidelik die tweede en derde plek.

Tog is daar darem ’n silwer randjie aan die donker wolk vir die Proteas.

Die naatbouler Beuran Hendricks is ná sy agt paaltjies teen Pakistan weer terug op die ranglys. Hy bevind hom in die 81ste plek – die beste van sy loopbaan.

Boonop is Chris Morris ná sy ses paaltjies in die 21ste plek, gevolg deur Andile Phehlukwayo in die 23ste plek. Dit is ook albei die spelers se beste posisie tot dusver.

Wat die kolwers betref, het Reeza Hendricks van die 73ste tot die 42ste posisie geklim.

* Ranglys vir spanne (punte in hakies) 1. Pakistan 135, 2. Indië 124, Suid-Afrika en Engeland (118), 5. Australië (117), 6. Nieu-Seeland (116), 7. Wes-Indiese Eilande (101), 8. Afganistan (92), 9. Sri Lanka (86), 10. Bangladesj (77).

* Kolwers: 1. Babar Azam (Pak), 2. Colin Munro (NS), 3. Aaron Finch (Aus), 4. Evin Lewis (Win), 5. Glenn Maxwell (Aus), 6. Fakhar Zaman (Pak), 7. Rohit Sharma (Ind), 8. Alex Hales (Eng), 9. Jason Roy (Eng), 10. Lokesh Rahul (Ind). Suid-Afrikaners: 17. Faf du Plessis, 24. David Miller, 25. Hashim Amla, 42. Reeza Hendricks.

* Boulers: 1. Rashid Khan (Afg), 2. Kuldeep Yadav (Ind), 3. Shadab Khan (Pak), 4. Imad Wasim (Pak), 5. Adil Rashid (Eng), 6. Adam Zampa (Aus), 7. Shakib Al Hasan (Ban), 8. Ish Sodhi (NS), 9. Faheem Ashraf (Pak), 10. Mitchell Santner (NS). Suid-Afrikaners: 19. Imran Tahir, 21. Chris Morris, 23. Andile Phehlukwayo.

* Veelsydige spelers: 1. Glenn Maxwell (Aus), 2. Shakib Al Hasan (Ban), 3. Mohammad Nabi (Afg), 4. Mahmudullah (Ban), 5. Thisara Perera (SL). Suid-Afrikaner: 9. JP Duminy. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Ranglys  |  Chris Morris  |  Proteas  |  Faf Du Plessis  |  Andile Phehlukwayo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.