Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas toer in September na Sri Lanka
Temba Bavuma, die Proteas se witbalkaptein teen Ierland in aksie. Foto: Gallo Images

Die Proteas sal hul finale voorbereiding vir vanjaar se T20-Wêreldbeker-toernooi in Sri Lanka doen.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Vrydag aangekondig die Proteas sal in September in ’n reeks van drie eendag- en drie T20-wedstryde in Sri Lanka speel. Al ses wedstryde sal in Colombo beslis word.

Die vorige keer dat Suid-Afrika in ’n witbalreeks in Sri Lanka gespeel het, in 2018, het die Proteas die eendagreeks met 3-2 gewen terwyl die Sri Lankane die enkele T20-wedstryd gewen het.

Sri Lankaanse krieket is tans nie op ’n goeie plek nadat drie van dié land se spelers, Danushka Gunathilaka, Kusal Mendis en Niroshan Dickwella, Covid-19-protokol op toer in Engeland verbreek het nie. Lang skorsings wink nou vir hulle. Mendis en Dickwella is twee van die span se belangrikste spelers.

Luidens berigte het ’n tugpaneel aanbeveel dat Gunathilaka en Mendis elk vir twee jaar geskors word en Dickwella vir 18 maande.

Ondanks dié terugslae het die Sri Lankane dit nietemin reggekry om hul onlangse tuisreeks van drie T20-wedstryde teen Indië met 2-1 te wen. Dit was nou wel nie ’n Indiese span op volsterkte nie, maar dit is nietemin ’n waarskuwing vir die Proteas om die Sri Lankane nie te onderskat nie.

Pholetsi Moseki, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring om teen ’n goeie span in die subkontinent te speel, is die ideale voorbereiding vir die T20-WB wat in Oktober en November in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman aangebied word.

Toerprogram in Sri Lanka

Donderdag 2 September: 1ste eendagwedstryd

Saterdag 4 September: 2de eendagwedstryd

Dinsdag 7 September: 3de eendagwedstryd

Vrydag 10 September: 1ste T20-wedstryd

Sondag 12 September: 2de T20-wedstryd

Dinsdag 14 September: 3de T20-wedstryd

Meer oor:  Sri Lanka  |  Krieket  |  Mark Boucher  |  Proteas  |  Temba Bavuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.