Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas vou ná Hamza se 50-tal in Ranchi
Zubayr Hamza se vreeslose kolfwerk was omtrent al hoogtepunt op dag drie van die Proteas se derde toets teen Indië. Foto: Isuru Sameera Peris/Gallo Images

Zubayr Hamza en Temba Bavuma het gedreig om ’n goeie sessie vir Suid-Afrika te steel, maar helaas. . . ’n Goeie sessie vir die Proteas op hul toer in Indië blyk onmoontlik te wees.

Toe dit Indië Maandagoggend op dag drie van die derde toets slegs vier aflewerings geneem het om die Protea-kaptein, Faf du Plessis, uit te kry, het ’n mens nog ’n vernederende sessie begin vermoed.

Hamza (62) en Bavuma (32) het die telling van 16/3 tot 107/4 gevoer en ’n mens wou-wou begin opgewonde raak oor ’n tikkie goeie nuus. Toe boul Ravindra Jadeja (2/12) vir Hamza skoon. ’n Boulbeurt later word Bavuma gestonk om vir Shahbaz Nadeem (1/7) sy eerste toetspaaltjie te gee en Suid-Afrika steier op 107/5.

Die debutant Heinrich Klaasen (6) is tien minute voor die middagete ook deur Jadeja skoongeboul.

George Linde (10*), wat ook sy buiging maak, sal ná die middagete saam met Dane Piedt (4*) met Suid-Afrika se eerstebeurttelling in Ranchi op 129/6 voortkolf. Dit is steeds 368 lopies agter Indië se eerstebeurttelling van 497/9 en die bal begin nou mooi draai.

Suid-Afrika gaan dié toets weer goed verloor, maar wat wel bemoedigend was, was die vreeslose kolfwerk van Hamza. Sy tegniek en temperament is puik. Ditto sy ingesteldheid en hy het sy 50-tal met ’n ses van Ravichandran Ashwin se boulwerk bereik. Hy het ook ’n paar sierlike kaphoue vir vier van die draaiers af geslaan.

Buiten Hamza se kortstondige pragbeurt, is daar egter maar min vir Du Plessis en sy span om oor opgewonde te word.

REGSTREEKSE BLOG

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.