Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas was nie oorgerus – Rassie

Die Proteas se kolfineenstorting Sondag aan die begin van hul tweede beurt in die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande kan nie aan oorgerustheid toegeskryf word nie, sê Rassie van der Dussen.

Van der Dussen (75*) en Kagiso Rabada (40) moes met ’n vennootskap van 70 om die agtste paaltjie red nadat Suid-Afrika vroeër op 73/7 gesteier het. Danksy hul vennootskap, en Van der Dussen se kolfwerk saam met Anrich Nortjé en Lungi Ngidi, het die Proteas 174 in hul tweede beurt aangeteken en sodoende ’n teiken van 324 aan die Windies gestel, wat vir 149 in hul eerste beurt uitgeknikker is.

Die tuisspan sal Maandag met sy telling op 15/0 voortkolf.

“Toe ons die dag begin het, het ons ’n voorsprong van 149 lopies gehad. Ons wou speel asof ons op die voorvoet is,” het Van der Dussen Sondagaand verduidelik.

Rassie van der Dussen onderweg na sy vyftigtal. Foto: Cricket West Indies

“Die Windies moet krediet kry, hulle het baie goed geboul. Die Dukes-bal swaai baie, veral as die wind waai.

“Ons het waarskynlik een of twee te veel houe probeer speel, en hulle het ook goed geboul en veldwerk gedoen het – veral in die glippe.

“Dit kon na enige kant toe gaan, maar ons het die dag in ’n sterk posisie betree en ons wou só speel.”

Hulle was gewis nie oorgerus ná hul groot eerstebeurtvoorsprong nie, sê Van der Dussen.

Hy sê die goeie boulwerk van die mediumbouler Kyle Mayers (3/24) kan ’n goeie teken wees vir wanneer Suid-Afrika se Wiaan Mulder boul, wat teen ’n soortgelyke spoed boul.

“Met ekstra spoed speel en mis jy gereeld. Die bal zip verby die buiterand. Maar met ouens wat nie teen 135 km/h boul nie, sien jy die beweging en jou hande volg dit. Dit is net natuurlik.

“Ek dink dít is wat Mayers doeltreffend gemaak het en ek dink Wiaan Mulder kan Maandag soortgelyke sukses behaal.”

Hy glo daar is nog genoeg lewe in die blad vir die Protea-boulers om die Windie-kolwers te pla.

TELKAART

Meer oor:  Toetskrieket  |  Windies  |  Rassie Van Der Dussen  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.