Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Skryf só aan transformasie-ombud

Voormalige en huidige krieketspelers, afrigters, administrateurs en belanghebbendes kan nou geskrewe voorleggings rig aan adv. Dumisa Ntsebeza, Krieket Suid-Afrika (KSA) se nuwe transformasie-ombudsman.

KSA het Ntsebeza verlede week amptelik vir ses maande in dié pos aangestel om rassediskriminasie in krieket te ondersoek en daarna aanbevelings aan die beheerliggaam te doen.

Adv. Dumisa Ntsebeza, Krieket Suid-Afrika se transformasie-ombudsman. Foto: Gallo Images

Ntsebeza is reeds in 2020 as die beheerliggaam se transformasie-ombudsman aangestel nadat die gewese raadslid dr. Eugenia Kula-Ameyaw met die SJN-projek (krieket vir sosiale geregtigheid en nasiebou) vorendag gekom het nadat die Black Lives Matter (BLM)-beweging in krieket stoom opgetel het. Die gewese raad, waarvan sy lid was, het egter in Oktober onder groot druk bedank en is deur ’n tussentydse raad vervang.

Die tussentydse raad het alle besluite van die vorige raad in heroënskou geneem en vir eers die SJN-projek op lange baan geplaas totdat dit verlede week weer op die been gebring is.

KSA het nou, Dinsdag, die prosedures bekend gemaak wat gevolg kan word as iemand ’n skrywe aan Ntsebeza wil rig.

Alle skrywes kan teen 30 April 2021 per e-pos na submissions@cricketsaombuds.co.za gestuur word, of gepos word na:

The Transformation Ombudsman

PO Box 55009

Northlands

2116

Dié klagtes en/of voorlegging sal in ’n onafhanklike stelsel bestuur word en dit sal die agenda bepaal vir KSA se nasionale SJN-imbizo, wat vir die derde kwartaal in 2021 beplan word.

“Ons aanvaar dat hoewel ons ywerig was vir regstelling en transformasie, ons nie suksesvol was in die uitwissing van begunstigde posisies vir sekere spelers nie, wat daartoe gelei het dat swart spelers na die randjie toe geskuif word en dat daar nie regverdigheid en geregtigheid vir almal geskep is nie,” sê KSA.

Ntsebeza het verlede week ook genoem dat daar openbare sittings kan plaasvind.

“Die doelwit is om die land agter krieket te verenig en diegene wat in die verlede slagoffers van onregverdige diskriminasie was, te help om te herstel. Daardie mense moet sien dat KSA ’n meganisme geskep het waar hulle kan kom en praat oor wat hulle voel hulle slagoffers gemaak het,” sê Ntsebeza.

“Soos wat ons in die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK), waarin ek die eer gehad het om te dien, gesien het: Sodra mense ’n kans kry om in hul eie woorde te praat oor die dinge wat hulle seergemaak het, het daardie proses op sigself die mag om hul menswaardigheid te herstel.”

Besoek www.cricket.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Fundudzi-Forensiese Verslag  |  Nathi Mthethwa  |  Ksa  |  Dumisa Ntsebeza  |  Ikr  |  Krieket Suid-Afrika  |  Proteas  |  Saskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.