Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Richard Pybus sy pos by Windies kwyt
Richard Pybus vroeër vanjaar tydens ’n oefening van die Windies. Foto: Getty Images

Ná skaars drie maande aan die stuur van die Wes-Indiese Eilande se krieketspan, is Richard Pybus as tussentydse afrigter vervang.

Die 54-jarige Pybus, ’n Brit van geboorte, is in Januarie aangestel en het die Windies na ’n reeksoorwinning van 2-1 teen Engeland in ’n toetsreeks gelei.

Die verwagting was dat hy die Windies na die Wêreldbeker-toernooi, wat op 30 Mei in Engeland en Wallis begin, sou neem.

Nou het die ringkoppe van krieket in die Karibiese Eilande egter besluit die ietwat onbekende Floyd Reifer (46) is die span se nuwe tussentydse afrigter.

Reifer, ’n boorling van Barbados, het die Windies tussen 1997 en 2009 in ses toetse verteenwoordig.

Dis ’n voorreg om in die pos aangestel te word. Ek glo ek het die vaardighede en die tegniese vermoëns en motivering om die Windies te lei.
Floyd Reifer

“Dis ’n voorreg om in die pos aangestel te word,” het Reifer in ’n verklaring op die Windies se webtuiste gesê.

“Ek glo ek het die vaardighede en die tegniese vermoëns en motivering om die Windies te lei.”

Volgens die raad is Reifer se aanstelling deel van ’n plan om die vaardighede van die streek se afrigters te gebruik.

Pybus, wat ook ’n paar seisoene gelede baie suksesvol was met die Cape Cobras en die Titans tydens sy tyd in Suid-Afrika, sal terugkeer na sy pos as direkteur van hoëprestasie by die Windies. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.