Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pyn vir Payne ná Indiërs hom met Paine verwar

Die Wellington Phoenix-sokkerspeler Tim Payne is verkeerdelik by snedige en sarkastiese boodskappe op sosiale media betrek wat vir sy Australiese krieket-naamgenoot bedoel is.

Tim Payne, die sokkerspeler. Foto: Getty Images
Tim Paine, die krieketspeler. Foto: Getty Images

Indiese ondersteuners wou eintlik vir Tim Paine, kaptein van die Aussie-toetsspan, roskam nadat hul span ’n merkwaardige oorwinning in die vierde toets in Brisbane behaal het om die reeks met 2-1 te beklink.

Paine het vir opslae gesorg vir sy swak gedrag in die derde toets op die SCG weens sy negatiewe en neerhalende uitlatings op die veld, bekend as sledging.

Hy was in ’n woordewisseling betrokke met Ravi Ashwin deur die draaibouler ’n “d***head” te noem en te sê: “Ons kan nie wag om julle by die Gabba te kry nie, Ash.”

Sunil Gavaskar, 'n voormalige Indiese kolwer, het Paine se kop geëis ná sy optrede in Sydney en dit as “onvanpas vir ’n nasionale kaptein” beskryf.

Stuff berig Indiese ondersteuners wou sosiale media gebruik om Paine te herinner wie aan die wenkant was by die Gabba – maar baie het die verkeerde Twitter- en Instagram-rekening geteiken deur die spelling van Paine met Payne te verwar.

Payne, die Nieu-Seelandse sokkerspeler, het toe verkeerdelik in die spervuur beland. Hy is later genoop om sy kommentare af te skakel weens onder meer kru taalgebruik.

“Jy is die swakste Aussie-kaptein wat ek nog ooit gesien het . . . Ons het by die Gabba gewen, Indië is die beste,” sê ’n aanhanger in ’n direkte boodskap.

Nog ’n aanhanger skryf: “Hoe kan jy krieket en sokker op dieselfde tyd beoefen?”

Tim Payne, die rugbyafrigter. Foto: Getty Images

Boonop was Payne nie die enigste naamgenoot wat deurgeloop het nie.

Die Engelse afrigter van die Newcastle Falcons-rugbyspan, Tim Payne, het ook die afgelope paar dae meer as 600 boodskappe op Instagram by Indiese-krieketondersteuners ontvang.

Payne het selfs vir die Aussie-kaptein Paine getwiet en gevra om te help met die toeloop van boodskappe.

“Haai @tdpaine36, kan jy hier uithelp. Ek doen my bes. Hoop dit gaan goed met jou.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Tim Paine  |  Sokker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.