Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Quinny en Laura KSA se groot wenners
Quinton de Kock is vir die tweede keer in sy loopbaan vereer as Speler van die Jaar. Foto: Getty Images

Die Protea Quinton de Kock is Saterdag vir die tweede keer in sy loopbaan met die gesogte prys as Krieket Suid-Afrika se Speler van die Jaar vereer.

Dit is egter nie die enigste prys wat die 27-jarige De Kock gekry het nie. Hy is ook vereer as Toetsspeler van die Jaar én die Spelers se Speler van die Jaar.

Weens die Covid-19-pandemie is die uitdeling aanlyn gehou.

De Kock is in 2017 die eerste keer vereer as Speler van die Jaar.

Laura Wolvaardt vroeër vanjaar in aksie by die T20-Wêreldbeker-toernooi in Australië. Foto: Getty Images

Deur die prys weer in te palm, het hy hom by die uitgelese geselskap van spelers aangesluit wat dit twee keer gewen het. Hulle is Jacques Kallis (2004 en 2011), Makhaya Ntini (2005 en 2006), Hashim Amla (2010 en 2013), AB de Villiers (2014 en 2015) en Kagiso Rabada (2016 en 2018).

Die 21-jarige Laura Wolvaardt is as Vrouespeler van die Jaar vereer. Sy is die jongste vrou nog wat dié prys kry. Sy was een van Suid-Afrika se staatmakers by die T20-Wêreldbeker-toernooi wat vroeër vanjaar in Australië gehou is.

Dit was ook nie haar enigste prys nie. Sy is ook vereer as Eendag-vrouespeler van die Jaar en die Vrouespelers se Speler van die Jaar.

Die jong Lungi Ngidi (24) het met twee pryse; Eendag en T20-speler van die Jaar weggestap.

Al die wenners is:

• Speler van die Jaar: Quinton de Kock

• Vrouespeler van die Jaar: Laura Wolvaardt

• Toetsspeler van die Jaar: Quinton de Kock

• Eendagspeler van die Jaar: Lungi Ngidi

• T20-speler van die Jaar: Lungi Ngidi

• Spelers se Speler van die Jaar: Quinton de Kock

• Ondersteuners se Speler van die Jaar: David Miller

• KFC Streetwise-prys: Mignon du Preez (vir haar ses teen Engeland in die T20-WB)

• Aflewering van die Jaar: Anrich Nortjé (die paaltjie van die Aussie David Warner in die derde eendagwedstryd)

• Nuweling van die Jaar: Anrich Nortjé

• Vroue-nuweling van die Jaar: Nonkululeko Mlaba

• Vrouespelers se Speler van die Jaar: Laura Wolvaardt

• Eendag-vrouespeler van die Jaar: Laura Wolvaardt

• T20-vrouespeler van die Jaar: Shabnim Ismail

Plaaslike pryse:

• Provinsiale T20-speler van die Jaar: Lerato Kgoatle (Limpopo)

• Provinsiale Driedagspeler van die Jaar: Beyers Swanepoel (Noord-Kaap)

• Provinsiale Afrigter van die Jaar: Richard das Neves (Oostelikes)

• Provinsiale Eendagspeler van die Jaar: Ruan de Swardt (Noordelikes)

• Mzansi-superliga se Impakspeler van die Jaar: Tabraiz Shamsi (Paarl Rocks)

• Mzansi-superliga se Jong Speler van die Jaar: Janneman Malan (Cape Town Blitz)

• Franchise-meerdagspeler van die Jaar: George Linde (Cape Cobras)

• Franchise-eendagspeler van die Jaar: Grant Roelofsen (Dolphins)

Afrigter van die Jaar: Wandile Gwavu (Lions)

• Franchise-spelers se Speler van die Jaar: Grant Roelofsen (Dolphins)

• Franchise-nuweling van die Jaar: Wandile Makwetu (Knights)

• Prys vir die Mees Waardevolste Speler: George Linde (Cobras)

Ander:

• Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar: Adrian Holdstock

• Skeidsregter van die Jaar: Adrian Holdstock

• Toekenning vir Sportmanskap: Warriors

• Tellinghouers-vereniging van die Jaar: Sentraal Gauteng

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.