Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Quinton help MI tot bopunt van IPL-leer

’n Vyftigtal deur die Proteas-kaptein Quinton de Kock het die Mumbai Indians Sondag in Abu Dhabi tot hul vyfde oorwinning in sewe wedstryde in vanjaar se Indiese Premierliga gehelp.

Quinton de Kock. Foto: Getty Images

Die Indians beklee nou die boonste posisie op die IPL-punteleer, nadat hulle Kagiso Rabada en Anrich Nortje se Delhi Capitals met vyf paaltjies geklop het.

Delhi het eerste gekolf en 162/4 opgestel danksy beurte deur Shikhar Dawan (69 van 52 balle) en die kaptein Shreyas Iyer (42 van 33).

In reaksie het Mumbai hul jaagtog relatief stadig begin en oor die eerste vyf boulbeurte ’n tempo van net ses lopies gehandhaaf. Maar namate De Kock opgewarm het, het die telbord al vinniger gerol. Hy het uiteindelik drie sesse en vier viere geslaan in ’n beurt van 53 (36 balle) wat ’n goeie platform vir sy span gestel het.

Suryakumar Yadav, saam met wie De Kock ’n vennootskap van 46 lopies om die derde paaltjie opgestel het, het ook ’n waardevolle bydrae gelewer, met 53 lopies van sy eie.

Teen die tyd dat Yadav die trekpas gekry het, het die Indians net 32 lopies van 30 balle gekort, met sewe paaltjies staande. Delhi se skitter-boulaanval kon hulle nie van daar aan bande lê nie, en Mumbai het die wenlopies geslaan met twee balle oor.

Rabada moes tevrede wees met syfers van 2/28, terwyl Nortje nie ’n paaltjie kon neem nie en ook 28 lopies afgestaan het.

TELKAART

• Vroeër Sondag het die Rajasthan Royals in Dubai met vyf paaltjies oor die Sunrisers Hyderabad geseëvier.

Die Sunrisers het 158/4 aangeteken ná goeie tellings vir David Warner (48) en Manish Pandey (54). Daarna het hulle aanvanklik die oorhand in die Royals se kolfbeurt gehad, met die Rajasthan-span diep in die moeilikheid toe Sanju Samson in die twaalfde boulbeurt met die telling op 78/5 die aftog blaas.

Dit het heldedade deur Riyan Parag (42*) en Rahul Tewatia (45*) geverg om Rajasthan oor die eindstreep te kry. Parag het uiteindelik die wenlopies met ’n ses van die voorlaaste bal geslaan, om sy span tot 163/5 te dra.

TELKAART

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.