Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Quinton lei groep met 5 groentjies

Die Proteas, met vyf nuwelinge in hul geledere, sal deur Quinton de Kock in die komende eendagreeks teen Engeland aangevoer word.

Die reeks waarin albei spanne ’n paar Wêreldbeker-spelers ruskans gee, word op 2, 7 en 9 Februarie onderskeidelik in Kaapstad, Durban en Johannesburg beslis.

Die 27-jarige De Kock vervang Faf du Plessis as kaptein. De Kock was laas kaptein in die T20-reeks teen Indië in September, waar hy ook met die kolf gelei het om die reeks gelykop te laat eindig.

Janneman Malan het al T20-krieket vir Suid-Afrika gespeel, maar kry nou ook sy kans om sy eendagbuiging te maak. Sy ouer broer Pieter het vroeër vandeesmaand sy toetsbuiging vir die Proteas gemaak. Foto: Gallo Images

Janneman Malan, Kyle Verreynne, Lutho Sipamla, Sisanda Magala en Bjorn Fortuin is die vyf nuwelinge in die eendag-groep.

Malan, Fortuin en Sipamla het wel al T20-krieket vir Suid-Afrika gespeel.

Krieket Suid-Afrika se verklaring meld pertinent dat die vier spelers wat na Pretoria gestuur is om hul kondisionering op te knap, vooraf fiksheidstoetse sal moet slaag as hulle oorweeg wil word vir die finale elftal.

Dié spelers is Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi, Jon-Jon Smuts en Magala.

Smuts is voorheen uit die nasionale T20-span gepos vir die toer na Indië omdat hy nie die bliep-toets, waarmee die spelers se fiksheid gemeet word, geslaag het nie.

’n Paar van Engeland se Wêreldbeker-sterre, soos Jofra Archer, Jos Buttler, Ben Stokes en Mark Wood, gaan tydens die eendagreeks ’n blaaskans kry.

Agt seëvierende WB-spelers is weer in die eendaggroep.

Matthew Parkinson, Saqib Mahmood en Tom Banton is nuwelinge, terwyl daar nog ’n plaasvervanger aangewys moet word vir Pat Brown, wat ’n rugbesering opgedoen het.

SA eendaggroep: Quinton de Kock (k), Reeza Hendricks, Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, David Miller, Jon-Jon Smuts, Andile Phehlukwayo, Lutho Sipamla, Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi, Sisanda Magala, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Janneman Malan, Kyle Verreynne.

Meer oor:  Eendagreeks  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.