Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rabada: ‘Dís wat rus kan doen’

Kagiso Rabada se skittervertonings in die Indiese Premierliga (IPL) is ’n getuigskrif van wat genoegsame rus vir ’n krieketspeler kan beteken.

Kagiso Rabada voel uitgerus ná die inperking en die blaaskans wat hy gehad het. Foto: Gallo Images

Rabada was ver van sy beste in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Engeland. Baie waarnemers het geglo dit is weens ’n oorvol speelprogram.

Mark Boucher, die nuwe Protea-breier, het Rabada vroeër vanjaar genoeg ruskans gegee en dié 25-jarige sneller het uiteraard tydens die inperking ’n verdere blaaskans gekry.

Die gevolg? 30 paaltjies in 17 wedstryde vir die Delhi Capitals én die sogenaamde pers pet vir die bouler met die meeste paaltjies in die toernooi.

Die blaaskans het gehelp om my liggaam en kop te verfris.

“Ek dink baie van my goeie spelpeil is aan daardie blaaskans te danke,” het Rabada Maandag in Kaapstad gesê, waar die Proteas tans in ’n bioborrel voor die begin van hul witbalreekse teen Engeland is.

“Die blaaskans het gehelp om my liggaam en kop te verfris. Ek weet wel nie of lang blaaskanse in die toekoms weer sal kan gebeur nie, want daar kom net meer en meer krieket.

“Dit gaan belangrik wees om te kyk hoe ons dit in die vervolg weer kan doen om seker te maak jy bly vars. Jy moet dit vat soos dit kom.”

Hy sê sy insette dra beslis gewig as besluite oor sy werklas by die Proteas geneem word.

“Dit hang af van hoe ek voel. Jy moet nou slimmer wees, want toe ek begin het, wou ek in elke wedstryd speel.

“Die ambisie is nie skielik weg nie, dit is steeds daar, maar jy moet besef daar is ’n lang loopbaan wat voorlê. Jy wil vars wees, want dit beteken jy is op jou beste.”

Boucher het reeds bevestig dat hy spelers vir die reeks teen Engeland gaan roteer. Rabada weet nog nie hoe gereeld hy gaan speel nie.

“Mark het ’n plan om spelers te roteer en hy weet wat hy doen. Dit gaan daaroor om die span se visie te aanvaar, dit gaan nie oor individue nie,” sê hy.

Op die internasionale verhoog, moet jy jou vertonings week ná week herhaal. Jy is nooit in jou gemaksone nie.

“Ons moet die afrigter se filosofie vertrou. Ek is oukei daarmee om op die kantlyn te sit, maar ek is gereed om te speel. Die vuur is altyd daar, in elke reeks wat jy speel.”

Hoewel hy sy tyd by die IPL geniet het, bly internasionale krieket steeds die grootste toets vir hom.

“Op die internasionale verhoog, moet jy jou vertonings week ná week herhaal. Jy is nooit in jou gemaksone nie. Soms is jou peil uitstaande, maar die meeste van die tyd is dit baie harde werk,” sê hy.

“In elke wedstryd moet jy terugkom en net dieselfde ding oor en oor doen. Ons sal vir Engeland baie agting betoon, maar vir ons is die uitdaging om te kyk hoe goed ons weekliks kan speel.

“Dis nie asof jy net besluit jy gaan die bal in die regte gebied plant bal ná bal nie. Jy word nie elke oggend wakker en voel uitstekend nie. Daar is baie waardeur jy moet werk.”

Rabada glo ook nie dit is noodwendig ’n bykomende voordeel dat hy teen van Engeland se beste kolwers soos Jos Buttler en Ben Stokes in die IPL geboul het nie. Rabada sê spelers speel in elk geval gereeld teen mekaar en weet wat die teenstanders se sterk- en swakpunte is.

Die eerste T20-wedstryd word Vrydag in Kaapstad beslis.

Meer oor:  Krieket  |  Kagiso Rabada  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.