Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rabada loop 3TC-wedstryd mis

Die Protea-krieketspeler Kagiso Rabada het hom weens die dood van ’n familielid aan Saterdag se Solidarity Cup-driespanwedstryd in Centurion onttrek.

Kagiso Rabada sal nie Saterdag in Centurion in aksie wees nie. Foto: Getty Images

Rabada sou die Kingfishers in die wedstryd, wat volgens ’n nuwe formaat – driespan-krieket (3TC) – beslis word, aangevoer het. Heinrich Klaasen is nou met dié span se kapteinskap toevertrou.

Die 25-jarige snelbouler is egter nie die enigste speler wat hom aan die wedstryd onttrek het nie. Krieket Suid-Afrika het Woensdagaand in ’n verklaring gesê dat ook Sisanda Magala weens die dood van ’n familielid nie in aksie sal wees nie. Nog ’n Protea, Chris Morris, is nie beskikbaar nie.

Rabada se plek in die span word ingeneem deur Thando Ntini, seun van die voormalige Protea-snelbouler Makhaya Ntini. Bjorn Fortuin neem Magala se plek in, terwyl Gerald Coetzee in Morris se plek opgeroep is.

Die wedstryd begin om 10:45 en word regstreeks op SS 2 uitgesaai. – Sportredaksie

Spanne:

Kites: Quinton de Kock (k), Temba Bavuma, Jon-Jon Smuts, David Miller, Dwaine Pretorius, Lutho Sipamla, Beuran Hendricks, Anrich Nortjé. Afrigter: Wandile Gwavu.

Kingfishers: Heinrich Klaasen (k), Reeza Hendricks, Janneman Malan, Faf du Plessis, Thando Ntini, Gerald Coetzee, Glenton Stuurman, Tabraiz Shamsi. Afrigter: Mignon du Preez.

Eagles: AB de Villiers (k), Aiden Markram, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne, Andile Phehlukwayo, Bjorn Fortuin, Junior Dala, Lungi Ngidi. Afrigter: Geoffrey Toyana.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.