Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kagiso Rabada maand op krukkelys

’n Groot slag het die Proteas getref aan die vooraand van die eendagreeks teen Australië wat Saterdag in die Paarl begin.

Kagiso Rabada. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se voorslagbouler Kagiso Rabada het ’n liesbesering in die afgelope T20-reeks teen die Aussies opgedoen en sal sowat ’n maand uit aksie wees.

Dit beteken dat hy nie net die drie eendagwedstryde teen Australië sal misloop nie; hy sal ook nie die toer na Indië meemaak nie.

Suid-Afrika speel daar nog drie eendagwedstryd voor die Indiese Premierliga (IPL) begin.

’n Skandering het getoon dat hy tot vier weke sal moet rus. Geen plaasvervanger is nog in dié stadium in sy plek aangewys nie.

Die tweede eendagwedstryd teen die Aussies word Woensdag in Bloemfontein gespeel waarna die reeks volgende Saterdag in Potchefstroom voltooi word.

Meer oor:  Krieket  |  Kagiso Rabada  |  Proteas  |  Aussies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.