Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rabada held in superboulbeurt-oorwinning

Kagiso Rabada was Sondag die groot held toe sy Delhi Capitals-span in ’n dramatiese wedstryd in die Indiese Premierliga oor Kings XI Punjab geseëvier het.

Die wenner van die wedstryd moes met ’n super-boulbeurt bepaal word nadat albei spanne 157/8 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het. Rabada het die super-boulbeurt met onderskeiding vir Delhi behartig. Nie net het hy twee paaltjies met agtereenvolgende balle platgetrek nie, maar hy het ook net twee lopies afgestaan. Daardie telling is maklik afgekolf vir die sege.

s
Kagiso Rabada in aksie vir die Delhi Capitals.

In die 20 boulbeurte voor dit het Rabada 2/28 geneem, hoewel twee vangskote van sy boulwerk verbrou is. Hy het self die vangskoot vanaf die laaste bal benut om die wedstryd gelykop te laat eindig.

Sy landgenoot en Delhi-spanmaat Anrich Nortjé kon nie ’n paaltjie neem nie. Hy het 33 lopies in sy vier beurte afgestaan.

In Delhi se beurt het die Australiër Marcus Stionis ’n tornado-beurt van 53 lopies van slegs 21 balle gespeel, wat sewe viere en drie sesse ingesluit het.

TELKAART

• Faf du Plessis het ook vanuit die staanspoor sy stempel op vanjaar se IPL afgedruk.

Hy was die Chennai Super Kings (CSK) se groot held in hul sege met vyf paaltjies oor die kampioen, Mumbai Indians, in die openingswedstryd Saterdag in Abu Dhabi.

Nadat Mumbai 162/9 in hul 20 beurte versamel het, het Du Plessis CSK in die regte rigting gestuur en kon hulle 166/5 aanteken.

Nie net het die eertydse Suid-Afrikaanse toetskaptein ’n uitstekende onoorwonne beurt van 58 lopies gespeel om sy span oor die wenstreep te help nie, maar hy het ook in die Indians se kolfbeurt twee uitstaande vangskote benut naby die grenstou in die 15de boulbeurt om die kampioen se kolfmomentum te help stuit.

Die bouler was Lungi Ngidi, wat met 3/38 geëindig het nadat hy aanvanklik onder die aanslag van nog ’n Suid-Afrikaner, Quinton de Kock (33) moes deurloop.

Dit was egter Du Plessis wat die tonge losgehad het in hierdie wedstryd wat die toernooi van stapel gestuur het.

Sy eerste vangskoot was fenominaal en toe hy vroeg ingestap het met die kolf nadat CSK vinnig ’n paaltjie verloor het, het hy hom eers ingegrawe en daarna die tempo aansienlik verhoog. Hy was deurgaans in beheer van sake en sy ervaring het boekdele gespreek.

Sy beurt het 44 balle in beslag geneem en hy het ses grenshoue geslaan.

Met hom aan die stuur het Chennai se boot heel veilig en gemaklik in die hawe aangekom.

De Kock, Suid-Afrika se witbal-kaptein, het self nie veel roes gewys in sy kolfbeurt nie en sy 33 lopies het van net 20 balle verskyn en hy het vyf keer die grenstou opgesoek.

Ngidi het aanvanklik senuagtig gelyk, maar hy het uiteindelik met heel skaflike syfers geëindig.

TELKAART

Meer oor:  Kagiso Rabada  |  Lungi Ngidi  |  Ipl  |  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.