Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rabada vir R2 miljoen na Manchester

Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada gaan vir R2 miljoen vir die Manchester Originals in The Hundred in Engeland uitstap.

Kagiso Rabada Foto: Gallo Images

Die mans se toernooi gaan van 22 Julie tot 21 Augustus gehou word.

Die kolfbeurte in die kompetisie bestaan uit 100 aflewerings en 20 balle is die meeste wat een bouler mag afstuur.

Die 25-jarige Rabada was een van net tien oorsese spelers met ’n intreeprys van £100 000. Slegs sewe plekke was in die spelerstrekking vir 255 hoopvolle buitelandse spelers beskikbaar.

Die Manchester Originals was Dinsdagoggend die eerste span wat hul bykomende spelers aangekondig het.

Rabada was die franchise se tweede keuse nadat Nicholas Pooran, hotklou-kolwer van die Wes-Indiese Eilande, se naam eerste uitgelees is.

Die Manchester Originals speel op 22 Julie op die Oval in Londen teen die Oval Invincibles in die eerste wedstryd.

Dieselfde twee spanne se vroue-elftalle begin The Hundred die vorige dag op dieselfde veld.

Die voormalige Protea-kolwer Colin Ingram is deur die Invincibles gekies.

Twee oud-Suid-Afrikaners, wat hulle intussen vir Nederland gekwalifiseer het – Roelof van der Merwe en Colin Ackermann – gaan volgens espncricket.com ook in aksie wees. Die draaier Van der Merwe is deur London Spirit behou, terwyl Ackermann saam met Rabada vir die Manchester Originals gaan speel.

Gary Kirsten se Welsh Fire-span het die veelsydige Windie Kieron Pollard en Aussie-snelbouler Jhye Richardson tot sy groep gevoeg.

Southern Brave het vir David Warner van Australië gekry wat hom op die nippertjie vir die toernooi geregistreer het.

Die agt spanne kan in Junie elk nog een speler – ’n promotorskeuse – kies.

Die Trent Rockets het Stephen Fleming Dinsdag met Andy Flower as breier vervang, berig bbc.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.