Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘As mense my wil volg, is dit positief’

Rassie van der Dussen het nie ’n titel nodig om ’n leier te wees nie.

Dié kolwer se naam word in gesprekke genoem as ’n moontlike kandidaat om die Proteas se toetskapteinskap by Faf du Plessis oor te neem. Hoewel hy op toetsvlak nog betreklik onervare is, met slegs vier toetse agter die blad, word die 31-jarige Van der Dussen reeds as ’n leier in die groep gesien.

Rassie van der Dussen bespreek ’n veldplasing met sy kaptein by die Lions, Temba Bavuma. Foto: Gallo Images

Tog kan Mark Boucher, die Protea-breier, liewer op ’n meer ervare kandidaat besluit. Dean Elgar, Temba Bavuma en Aiden Markram word as die grootste kandidate beskou.

Maar dis nie asof Van der Dussen enige slaap oor die praatjies van kapteinskap verloor nie.

“Dis nie as sodanig iets waarvoor jy jou CV inhandig nie. Daar is natuurlik ’n paar kandidate en die aard van elke kandidaat is só dat wie ook al oorvat, die regte man sal wees, ’n baie goeie taak sal verrig en deur almal gevolg sal word,” sê Van der Dussen.

“Ek sien mense skryf dat ek een van die kandidate is, maar dis nie iets waaroor ek noodwendig voel ek hoef oor te praat nie.

Of ’n mens nou kaptein is of nie, jy kort nie ’n titel om ’n leier te wees nie.

“Van ek by die Proteas begin het, leef ek myself op ’n sekere manier uit en as mense dit sien as leierskap en my wil volg in wat ek wil doen, waarheen ek wil gaan en hoe ek dink, is dit positief.

“Of ’n mens nou kaptein is of nie, jy kort nie ’n titel om ’n leier te wees nie.”

Die span kort ’n nuwe kaptein vir die reeks van twee toetse teen Sri Lanka in Desember en Januarie.

Voordat die span op toetskrieket kan konsentreer, is daar eers ’n T20- en eendagreeks teen Engeland wat voorlê. Die eerste T20-wedstryd word Vrydagaand op Nuweland gespeel.

Die Engelse het die afgelope somer reeds reekse teen die Wes-Indiese Eilande, Ierland, Pakistan en Australië gespeel, terwyl Suid-Afrika in Maart laas internasionale krieket gespeel het.

“Engeland het uit ’n spanoogpunt gevestigde kombinasies en hulle het tyd op die speelveld gehad,” sê Van der Dussen.

“Ons is darem gelukkig dat ons ouens by die Indiese Premierliga (IPL) gehad het, wat baie goed gevaar het daar. Daai ouens kom met goeie peil in die reeks in.

“Die ouens wat agtergebly het, het vierdagkrieket gespeel. Ons het ook tyd in die middel gehad.”

Hy gee nietemin toe dat dit vir Engeland dalk ’n voordeel mag wees dat hulle krieketfiks is, maar sien ook die ander kant van die munt raak.

“Dit kan ’n voordeel vir hulle wees, maar ek is nie so seker dat dit sal nie. Hulle kom hierheen ná baie krieket, terwyl ons vars en opgewonde is.

“Dalk is daar ouens in hul kamp wat moeg is ná ’n lang seisoen. Dit is die ander kant van die munt, so dis nie noodwendig ’n voordeel nie.”

Meer oor:  Krieket  |  Rassie Van Der Dussen  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.