Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rassie gaan by Faf aanklop vir WB-raad

Hy is nie iemand wat veel emosie toon nie, maar toe daar Donderdag ’n video van die Proteas gewys is voor die aankondiging van die Wêreldbeker-groep, het hy nogal heel emosioneel geraak, sê Rassie van der Dussen.

Rassie van der Dussen glo sy goeie spel in 2018 se Mzansi-superliga het ’n belangrike rol daarin gespeel om die nasionale keurders van hom te laat kennis neem. Foto: Gallo Images

Hy het die uitsoekgroep gehaal as toporde-kolwer en erken hy was senuagtig, maar tog ook eintlik ontspanne, voor die aankondiging.

“Ek het net vir myself gesê wat moet gebeur, moet gebeur,” sê die 30-jarige Van der Dussen.

“Toe die name egter uitgelees is, het my hart woes geklop.”

Van der Dussen gee toe sy hart bloei vir sy Lions-spanmaat Reeza Hendricks, wat nie die finale groep gehaal het nie. Die keurders het besluit om wel die ervare Hashim Amla as aanvangskolwer te kies.

Volgens Van der Dussen, ’n eertydse Pretorianer, is tydsberekening ’n belangrike faktor en hy voel sy goeie kolfbeurte in die Mzansi-superliga het net op die regte tyd gekom vir die Jozi Stars.

“Ja, tydsberekening is alles in sport en ek het die aandag daar op my gefokus. Ek probeer altyd om my beste teen die beste te lewer en dit is vir my belangrik om onder druk te presteer,” sê hy.

“In die Mzansi-liga het alles wat ek probeer het net gewerk en ek het daardie golf gery,” erken hy.

Rassie van der Dussen en Faf du Plessis vroeër vanjaar saam voor die penne in ’n eendagstryd teen Pakistan. Foto: Gallo Images

Van der Dussen, wat vir die Noordwes-Drake gespeel het enkele seisoene gelede voordat hy by die Lions betrek is, sê hy gaan by die nasionale kaptein, Faf du Plessis, aanklop vir raad om sy eerste WB-ervaring makliker te maak.

“Faf is baie objektief en hy dink goed oor die spel en die lewe. Vir my is dit gerusstellend om te sien hoe hy dinge doen en hoe hy te werk gaan met alles wat hy aanpak. Ek sal beslis in die aanloop tot die toernooi en daartydens tyd saam met hom deurbring om uit te vind hoe dinge gedoen moet word,” sê Van der Dussen.

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.