Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rassie uit beslissende stryd
Rassie van der Dussen in die tweede eendagwedstryd in aksie. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het sewe veranderinge aan sy elftal gemaak vir die beslissende derde eendag-krieketwedstryd Woensdag teen Pakistan in Centurion.

Ses daarvan was noodgedwonge.

Janneman Malan, Kyle Verreynne, Daryn Dupavillon, Beuran Hendricks en Lutho Sipamla vervang die “IPL-vyf” – Quinton de Kock, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé en Kagiso Rabada.

Dan het die Proteas Woensdag ook die slegte nuus gekry dat Rassie van der Dussen ’n graadeen-skeur aan sy linker-bobeenspier opgedoen het. Hy word vir dié wedstryd deur JJ Smuts vervang en die Proteas se mediese span sal hom monitor en later ’n finale besluit oor sy deelname aan die T20-reeks neem.

Die reeks van vier T20-wedstryde begin Saterdag op die Wanderers.

Die Proteas het ook besluit om vir Keshav Maharaj ’n kans te gee in die plek van Tabraiz Shamsi.

Temba Bavuma het Woensdagoggend die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Pakistan het die vorige twee lote gewen.

Meer oor:  Rassie Van Der Dussen  |  Centurion  |  Pakistan  |  Krieket  |  Besering  |  Eendagreeks  |  Proteas  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.