Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rassisme steek glo kop uit by reeks om As

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het “met skok” gereageer op bewerings dat rassistiese, homofobiese en seksistiese beledigings deur sekere toeskouers rondgeslinger is tydens die vierde toets om die As teen Australië op Old Trafford.

Toeskouers by die vierde kriekettoets om die As op Old Trafford lag vir ’n man wat ’n bakkie jogurt suksesvol op sy kop balanseer. Foto: Getty Images

Britse media het berig dat ’n toeskouer die stadion Donderdag, op die tweede dag, verlaat het, omdat hy met afsku vervul is deur ’n rassistiese liedjie wat ’n sekere groep toeskouers oor Engeland se swart snelbouler Jofra Archer gesing het.

Dié toeskouer het ’n brief aan die ECB gerig waarin hy sy ongelukkigheid oor die beweerde rassisme uitgespreek het. Voorts het hy gesê is daar ook seksistiese liedjies, gerig op vroue in die paviljoene, gedreunsing, terwyl dieselfde toeskouers ook homofobiese beledigings kwytgeraak het.

Die ECB het in ’n verklaring gesê dié tipe optrede kom betreklik min by krieketwedstryde in Brittanje voor, maar het dit nietemin ten sterkste veroordeel.

“Daar is absoluut geen plek vir dié tipe gedrag in die spel nie. Dis uiters belangrik dat toeskouers die vrymoedigheid moet hê om sulke voorvalle aan ons te rapporteer.”

Dié voorval op Old Trafford volg kort op die hakke van ’n verslag deur die liggaam Kick it Out, wat bevind het dat rassistiese voorvalle by Engelse sokkerwedstryde met 43% toegeneem het verlede jaar.

Manchester City se Raheem Sterling en Manchester United se Marcus Rashford, albei slagoffers van rassistiese beledigings, het die laaste ruk ook sterk standpunt ingeneem teen mense wat spelers soos hulle op sosiale mediaplatforms rassisties beledig. 

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.