Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Reeks teen SA: ‘Engelse het nou bloudruk’

Engeland se goeie boulvertoning in Suid-Afrika se eerste beurt van die tweede kriekettoets op Nuweland is die bloudruk waarna hulle vorentoe sal strewe.

Jofra Archer in die oefennette in Port Elizabeth aan die sweet. Die blitsbouler kan sy terugkeer vir die derde toets maak in die plek van die beseerde Jimmy Anderson. Foto: Getty Images

Paul Collingwood, hulpafrigter van die toerspan, het die Engelse boulaanval se akkurate vertoning in hul sege met 189 lopies in die Kaap as fantasties bestempel en gesê hulle moet nou voortbou daarop.

Hy het gepraat ná ’n Engelse slypsessie vir die derde toets, wat Donderdag in Port Elizabeth begin.

“Die boulvertoning in die eerste beurt was uitsonderlik. Dit het ons terug in die wedstryd gekry voordat Ben Stokes die momentum van die hele wedstryd verander het.

“Ek dink ons het die maatstaf daargestel wat boulwerk betref in die eerste beurt en hoe om te werk te gaan.

“Ons akkuraatheid was fantasties. Dis min of meer die bloudruk van hoe ons krieket wil speel.”

Engeland is natuurlik nou sonder een van die boulsterre wat gehelp het om Suid-Afrika vir net 223 lopies uit te knikker in antwoord op die 269 van Engeland se eerste beurt.

Die ervare Jimmy Anderson, wat Collingwood as ’n groot verlies beskou, is huis toe met ’n ribbesering.

Collingwood het sy planne dig gehou oor wie Anderson gaan vervang, maar ’n beroep gedoen op die hoopvolle boulers om in hul twee oorblywende oefeninge uit te haal vir dié beskikbare plek.

“Jofra Archer, Mark Wood, Chris Woakes en Craig Overton wil bitter graag speel.”

Archer lyk na die aangewese bouler nadat hy in die eerste toets in Centurion gespeel en intussen van sy elmboogbesering herstel het. Hy het vyf paaltjies in die Proteas se tweede kolfbeurt op SuperSportpark platgetrek.

Collingwood meld ook dat Wood die nodige myle in die oefennette voltooi het. Hy was ook lank beseer.

* Die Engelse kaptein, Joe Root, het Maandag weer saamgeoefen nadat hy Sondag weens ’n maagvirus nie by die oefennette was nie.

Meer oor:  Jimmy Anderson  |  Joe Root  |  Jofra Archer  |  Paul Collingwood  |  Port Elizabeth  |  Proteas  |  Engeland  |  Toetsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.