Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Reekssege gee Engelse selfvertroue

Engeland se vertoning in sy oortuigende reekssege oor Sri Lanka gee die span ’n groot hupstoot voordat hy Indië in vier toetse in Indië moet pak.

So sê Joe Root, die Engelse kaptein, nadat sy span Maandag die tweede toets in Galle met ses paaltjies gewen het.

Joe Root en sy Engelse spanmaats het Sri Lanka Maandag in die tweede toets met ses paaltjies geklop. Foto: Getty Images

Dié oorwinning volg op verlede week se sukses met sewe paaltjies, maar ’n veel groter uitdaging wag in Indië, wanneer die eerste toets op 5 Februarie in Chennai aan die ooskus begin.

“Die twee oorwinnings oor Sri Lanka gee ons hope selfvertroue. Ons moes verskillende situasies hanteer en dié leerskool sal ons later goed te pas kom,” sê Root.

“Die uitdaging nou is om dié vertonings oor en oor te behaal. Dié platform is egter ’n goeie een.”

Engeland het ’n paar senuweeagtige oomblikke oorkom om sy wenteiken van 164 lopies te behaal. Hy het gaandeweg beheer oor ’n moeilike blad gekry, wat al hoe meer versleg het. Dom Sibley (56*) en Jos Buttler (46*) het ’n onoorwonne vennootskap van 75 lopies opgestapel.

TELKAART

“Dié twee ouens het ons op indrukwekkende wyse oor die eindstreep gekry,” sê die kaptein.

“Die oorwinnings is belangrik vir ons. Wat my verbly, is dat ons vir groot gedeeltes teikens gejaag het. Dat ons ons kon ingrawe en nie toelaat dat hulle beheer kry nie, is indrukwekkend. Maar ook hoe ons druk hanteer het – in die veld en met die kolf.”

Root sê hulle het in albei toetse die loot verloor, maar steeds ’n manier gekry om te wen.

“In die verlede was ons dikwels skuldig aan ’n stadige begin en om nou goed te kon begin, is bevredigend.”

Root se 186 lopies in Engeland se eerste beurt het aan hom die prys as Speler van die Wedstryd besorg.

Hy is ook as die Speler van die Reeks aangewys. – Reuters

Meer oor:  Sri Lanka  |  Toetskrieket  |  Joe Root  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.