Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Reën die enigste wenner op Lord’s
Daar was Woensdag geen spel moontlik nie op die eerste dag van die tweede kriekettoets tussen Engeland en Australië op Lord’s.Foto: AP

Aanhoudende reën het seker gemaak dat geen spel moontlik was op die eerste dag van die tweede kriekettoets in die Reeks om die As op Lord’s.

Dít het amper die hele dag gereën, maar teen 14:30 (Britse tyd) opgehou, Die spanne sou om 16:00 geloot het, maar dit het weer begin reën en die skeidsregters het spel om 17:20 finaal afgelas.

Engeland het dus nou vier dae om die toets te wen en om sake gelyk te maak nadat hy die eerste toets op Edgbaston met 251 lopies verloor het.

Australië het een verandering gemaak aan die span wat die eerste toets gewen het met die blitsbouler Josh Hazlewood wat James Pattinson vervang.

Vir Engeland gaan die blitsbouler Jofra Archer sy buiging maak in die plek van die beseerde James Anderson, terwyl Engeland môre sy finale elftal sal bekend maak.

Daar moet besluit word tussen die draaibouler Jack Leach en die naatbouler Sam Curran.

Meer oor:  Steve Smith  |  Jofra Archer  |  Engeland  |  Australie  |  Krieket  |  Tweede Toets  |  Dag Een  |  Reen  |  Lord's  |  Reeks Om Die As
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.