Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Reën kelder laaste sessie by Gabba

Reën het Saterdag ’n stokkie gesteek voor Australië se aanslag vir ’n oorwinning in die beslissende toets teen Indië by die Gabba.

Die tweede dag se laaste sessie het uitgereën nadat Nathan Lyon met sowel die kolf as die bal uitgeblink het.

’n Nat buiteveld het eindelik die laaste sê gehad in die laaste sessie van die dag se spel. Foto: Getty Images

Lyon het 24 lopies aangeteken as deel van die stertkantkolwers wat Australië van 315/8 eindelik tot 369 gehelp het in die oggendsessie.

Dié draaibouler het toe die belangrike paaltjie van Rohit Sharma, wat in daardie stadium al hoe gevaarliker gelyk het, platgetrek vir 44 met Indië wat teen teetyd op 62/2 gestaan het.

Die nat buiteveld het die wedstrydskeidsregters gepla en nadat die reënbui verby was, het hulle Tim Paine ingelig dat die dag se spel gestaak word nadat inspeksie op die kolfblad gedoen is.

Indien Indië vasbyt en die wedstryd in Brisbane wen of dit onbeslis eindig, sal hulle die Border-Gavaskar-trofee behou.

’n Onbesliste uitslag lyk boonop na ’n groot moontlikheid met verdere reën wat vir die laaste paar dae van die toets voorspel word.

Lyon kort net drie paaltjies om die 400-kerf in sy 100ste toets te bereik.

Tim Paine van Australië gesels met die skeidsregters terwyl reën spel onderbreek het op die tweede dag van die vierde toets teen Indië by die Gabba. Foto: Getty Images

Mitchell Starc het drie boulbeurte met die nuwe bal afgestuur, voordat hy deur Pat Cummins vervang is, wat vir Shubman Gill sy slagoffer gemaak het nadat ’n uitstekende aflewering die randjie bygekry het en Steve Smith in die glippe gevang het.

Cheteshwar Pujara (8*) en Ajinkya Rahane (2*) bevind hulself nou voor die paaltjies, met Australië se voorsprong wat tans 307 lopies is.

Indië lyk wel of hulle ’n bouler te min sal hê vir die res van die toets nadat Navdeep Saini ’n liesbesering opgedoen het op die eerste dag en nog nie geboul het nie.

Justin Langer, Australië se breier, sal wel briesend wees oor die stukkie spel waar sy span drie paaltjies vir vier lopies verloor het met Paine (50) en Cameron Green (47) wat kleedkamers toe gestuur is.

Australië het wel nog nooit ’n toets by die Gabba verloor nadat hulle ’n telling van groter as 350 in die eerste kolfbeurt aangeteken het nie. – Sportredaksie, stuff.co.za

Meer oor:  Indië  |  Kriekettoets  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.