SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Reën pootjie MSL-wedstryd in Centurion

O, gee ons tog net krag.

Dít was Woensdagaand die versugting by SuperSportpark in Centurion waar die T20-krieketwedstryd in die Mzansi-superliga (MSL) tussen die Tshwane Spartans en die Nelson Mandela Giants afgelas moes word ná slegs 7.1 boulbeurte.

AB de Villiers. Foto: Gallo Images

Die Spartans was in daardie stadium 33/4, met die groot trekpleister, AB de Villiers, nog voor die paaltjies met ’n onoorwonne 10 lopies.

Net soos die tuisspan se top-kolforde die gees gegee het in die eerste klompie boulbeurte, het een van die spreiligte die gees gegee. ’n Kragsentrale van die Tshwane-munisipaliteit wat glo deur weerlig getref is, is die skuld daarvoor gegee. Te midde van ’n lang onderbreking om die ligte te probeer herstel, het ’n naderende donderstorm ook toegesien dat geen spel weer moontlik was nie.

Dit is die tweede wedstryd van die Spartans wat geen uitslag opgelewer het nie, nadat hul kragmeting die afgelope Saterdag in Durban teen die Heat ook afgelas moes word sonder dat ’n enkele bal geboul is.

Uiteindelik was dit die besoekers uit die Baai wat Woensdagaand die spytste sou wees dat sake op so ’n anti-klimaks moes eindig.

Hulle het die Spartans se top-orde afgemaai, met Theunis de Bruyn (6), Vaughn van Jaarsveld (1), Dean Elgar (0) en die kaptein, Heinrich Klaasen, (12) wat ’n voetpaadjie uitgetrap het terug na die kleedkamer.

Chris Morris (2/8) het die groot skade vroeg aangerig, met sy Titans-spanmaat Junior Dala (1/7) wat ook ’n paaltjie geneem het en betrokke was by die uithardloop van Van Jaarsveld.


Die jammerte is dat ’n stewige skare opgedaag het, maar uiteindelik soos nat eende die aftog moes blaas en onverrigter sake huis toe moes keer.

Hulle moes seker aangevoel het wat wag op hulle, want selfs toe De Villiers uitgestap het om te kolf, was die gebruiklike luide applous nie naastenby so entoesiasties soos altyd nie.

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  T20  |  Msl  |  Nelson Mandela Bay Giants  |  Tshwane Spartans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.