Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hendricks luister vir sy Lions-breier
Reeza Hendricks met Andries Gous wat sake fyn dophou. Foto: Gallo Images

Reeza Hendricks het ná ’n gesukkel deur die Lions se erkende kolwers gehoor gegee aan sy afrigter se pleidooie met ’n honderdtal teen die Knights Maandag in Kimberley.

Hy was onoorwonne op 107 in die besoekers se eerste beurt van 316/4 op die veld waar hy sy krieket geleer het.

Die Lions se waarnemende breier, Wandile Gwavu, het vooraf gesê dis tyd dat die kolwers verantwoordelikheid neem.

Hulle het in hul eerste wedstryd in Potchefstroom op ’n draaiersblad 215 en 119 aangeteken en in die vorige wedstryd in Oos-Londen 152 en 217 waaroor Gwavu nie tevrede was nie.

Hendricks het ná bykans ’n maand in Indië in die plaaslike meerdagreeks 30, 27, 3 en 13 in sy vier kolfbeurte aangeteken.

Hy het Maandag weer derde gaan kolf na hy in die vorige wedstryd die beurt begin het en het teen sy voormalige spanmaats sy 15de eersterangse honderdtal aangeteken.

Die Lions nuwe aanvangskolwer, Joshua Richards (80), en Dominic Hendricks (76) het 110 om die eerste paaltjie aangeteken, maar kon nie hul beurte in honderdtalle omskep nie.

Die tuisspan se 19-jarige aanvangsbouler, Gerald Coetzee, het met 2/43 in 18 beurte uitgestaan, terwyl Pat Kruger (1/37) goedkoop van Rassie van der Dussen (9) ontslae geraak het.

* Grant Roelofsen het met sy terugkeer van harsingskudding af sy eerste franchise-honderdtal (113*) vir die Dolphins teen die Cape Cobras in Pietermaritzburg aangeteken.

Die tuisspan het 234/4 gehad toe swak lig spel ná net 63 beurte gestop het.

Die 23-jarige Roelofsen is in die eerste wedstryd teen Titans waarin hy 79 aangeteken deur Junior Dala teen die kopskerm getref. Die aanvangskolwer het harsingskudding opgedoen en is in die tweede beurt van die wedstryd in Centurion deur Jason Oakes vervang.

Andile Phehlukwayo (61*) sal Dinsdagoggend saam met Roelofse voortkolf.

Dane Paterson (2/41) het Vaughn van Jaarsveld (0) met die tweede aflewering uitgekry en ook goedkoop van Cody Chetty (6) ontslae geraak. Thando Ntini (1/49) het in sy buiging die paaltjie van kaptein Khaya Zondo (10) gekry.

Eddie Moore, aanvangvangskolwer van die Warriors. Foto: Gallo Images

* In Port Elizabeth het die weer dit reggekry het om ’n einde aan Yaseen Vallie (83*) en Rudi Second (36*) se vennootskap te maak.

Die Warriors het 201/2 ná 58 beurte in hulle eerste beurt teen die Titans gehad toe reën uitgesak het.

Die tuisspan se aanvangskolwer Eddie Moore (55) het vroeër sy eerste vyftigtal van die seisoen aangeteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.