Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Regrukplan vir KSA kry tóg gestalte

Gary Kirsten moes as die Proteas se waarnemende afrigter oorgeneem het.

Dit was een van die nege voorstelle aan Krieket Suid-Afrika (KSA) op die aanvanklike regrukplan van ’n bekommerde groep voormalige en huidige administrateurs en oudspelers, wat Norman Arendse en Ali Bacher insluit.

Norman Arendse. Foto: Gallo Images

“Die oorspronklik idee was dat Gary die nasionale span se tussentydse afrigter moes wees,” sê Arendse.

Hy sê Kirsten was egter nie bereid om die pos oor te neem nie, maar wel om uit te help as ’n mentor vir Enoch Nkwe, wat die Proteas se waarnemende spandirekteur was. Dié voorstel is toe so op hul lysie gewysig.

Die voorstelle is gemotiveer aan ’n paar van die KSA-lede wat Vrydagaand ’n baie lang raadsvergadering gehad het.

Arendse sê die voorstelle is na verneem word nie daar voorgelê nie.

Heelwat van die voorstelle wat die Arendse-groep aangeroer het, kan egter vandeesweek nog deurgevoer word.

Die voorstel dat Jacques Faul of Haroon Lorgat as waarnemende uitvoerende hoof aangestel moet word, het reeds gebeur. Faul is Saterdag aangestel.

Nog ’n voorstel was dat Arendse, Bacher en Vusi Pikoli tydelik as ’n taakspan betrek moet word.

’n Ander voorstel, dat Graeme Smith moet waarneem of heeltyds as direkteur van krieket aangestel moet word, kan Woensdag bekragtig word.

Daar is voorgestel dat die keurderkomitee onder Linda Zondi onmiddellik heraangestel word.

Patrick Moroney was ná die onderhoude op 8 November die voorkeurkandidaat om as keurderbaas oor te neem.

Patrick Moroney was ná die onderhoude op 8 November die voorkeurkandidaat om as keurderbaas oor te neem.

Nog voorstelle was dat onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse Spelersvereniging (Saca) onmiddellik hervat moet word om die kwessies van Saca op te los.

Faul en Saca vergader Woensdag.

Daar is pok voorgestel dat ’n forensiese oudit na KSA se sake aangevra moet word en daar is ook aanbeveel dat al die personeelskorsings opgehef moet word.

Corrie van Zyl, waarnemende direkteur, Naasei Appiah, hoofbedryfsbeampte, en Clive Eksteen, hoof van kommersiële sake en bemarking, is sedert die einde van Oktober geskors.

Dit was nadat sekere personeel na bewering hul pligte versaak het oor spelers se geld van die eerste Mzansi-superliga (MSL) wat nie betaal is nie.

Nog drie personeellede Ziyanda Ntuli, bestuurder van finansies, Lundi Maja, verkrygingsbestuurder, en Dalene Nolan, administrasie, is volgens berigte later geskors.

Arendse, wat midde verlede week se woelinge ’n ope brief aan KSA gerig het, sê hy het oorspronklik die lys van voorstelle saamgestel en dit eers aan Bacher gestuur.

“Hy het dit goedgekeur. Daarna is verskeie individue gekonsulteer.”

Faul, Smith, Kirsten, Pikoli, Lorgat en verskeie voormalige lede van die destydse Suid-Afrikaanse Krieketbeheerraad (SACBOC) is om insette gevra.

“Ons was almal van mening dat ons weer ‘eenheid’ moet bevorder. Dit was nie ’n maklike proses nie, maar uiteindelik is konsensus bereik.”

“Die voorstelle is toe na verskeie lede van die KSA gestuur, net voor sy raadsvergadering Vrydagaand.”

*Daar word ook verneem dat Nathi Mthethwa, minister van sport, Donderdag met die KSA-raad gaan vergader.

Meer oor:  Krieket  |  Thabang Moroe  |  Krieket Suid-Afrika  |  Jacques Faul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.