Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
OORSIG: Amla gaan wel WB toe
Faf du Plessis (links) en Ottis Gibson. Foto: Gallo Images
  • Die Proteas se groep vir die Wêreldbeker-toernooi wat later vanjaar in Engeland gespeel word, is Donderdag in Johannesburg aangekondig.
  • Die groep is: Hashim Amla, Quinton de Kock, Faf du Plessis, David Miller, Rassie van der Dussen, JP Duminy, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Dale Steyn, Lungi Ngidi, Imran Tahir, Aiden Markram, Dwaine Pretorius, Anrich Nortjé, Tabraiz Shamsi.

18 Apr. 13:57:41

Die bekendstelling in Johannesburg het tot 'n einde gekom.

Ons krieketskrywer by die geleentheid, Christo Buchner, sal binnekort verslag doen oor die keurders se redes vir hul keuse. 

Hou Netwerk24 dop.

So wat dink julle van die truie wat die span gaan dra?

18 Apr. 13:37:40

Die reaksie op sosiale media is tot dusver maar redelik stil.

Daar was nie werklik 'n verrassing gewees nie. Die meeste mense het dié groep verwag.


18 Apr. 13:32:22

Die groep is ook nogmaals 'n bewys van die tipe krieket wat die Proteas by die WB-toernooi wil speel.

Daar is vier uit en uit blitsboulers én twee gewrigdraaiers in die groep. Dit is 'n span wat paaltjies wil neem en spanne só beperk.

18 Apr. 13:25:48

Linda Zondi, grootbaas van die keurders, sê hy is baie gelukkig met die span.

Hy sê dat hy 'n speler soos die blitsbouler Anrich Nortjé al lank dophou en dat die speler se uitstaande vertonings in die Mzansi-superliga gehelp het met sy keuse.

18 Apr. 13:24:31

Daar was toe nie juis veel van 'n verrassing nie, met Hashim Amla wat die regmerkie gekry het in die plek van Reeza Hendricks.

Skynbaar het die ervaring van Amla die deurslag gegee. Chris Morris se onlangse goeie peil in die Indiese Premierliga het ook nie in sy guns getel nie.

18 Apr. 13:19:30

Die span is: Hashim Amla, Quinton de Kock, Faf du Plessis, David Miller, Rassie van der Dussen, JP Duminy, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Dale Steyn, Lungi Ngidi, Imran Tahir, Aiden Markram, Dwaine Pretorius, Anrich Nortjé, Tabraiz Shamsi.

Meer oor:  Krieket  |  Wêreldbeker-Toernooi  |  Proteas  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.