Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: Engeland wen met 191 lopies

* Spanne: SA: Pieter Malan, Dean Elgar, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Quinton de Kock, Temba Bavuma, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Anrich Nortje, Dane Paterson, Beuran Hendricks.

Engeland: Zak Crawley, Dom Sibley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Chris Woakes, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

27 Jan. 16:50:59

Dis alles verby. Engeland wen met 191 lopies en die reeks met 3-1. 

27 Jan. 16:45:14

Hendricks word uitgehardloop. 

27 Jan. 16:38:18

De Kock (39) staan ook sy paaltjie aan Wood (3/52) af. Die einde is nou baie naby.  

27 Jan. 16:29:43

Phialnder stap vir die laaste keer in sy loopbaan terug kleedkamer toe. 

Hy was 'n ware dienaar van Suid-Afrikaanse krieket.  

Sy span is egter in die knyp op 260/7. 

27 Jan. 16:15:19

Nou kry Broad ook vir Pretorius (2). Hy kry sy tydsberekening verkeerd op 'n trekhou en word deur Curran uitgevang. 

Philander loop middel toe, ondanks sy seer dyspier. 

27 Jan. 16:05:29

Goeie wip deur Broad beteken die einde van Bavuma vir 27 (29 balle). 

Dwaine Pretorius is die volgende kolwer. 

27 Jan. 15:19:24

Die Proteas bereik teetyd met op 188/4. 

Van der Dussen (98) en Du Plessis (35) het skitterend gespeel en dit is jammer dat hulle uit is. 

278 lopies word steeds vir 'n onwaarskynlike sege benodig.

27 Jan. 15:05:15

Broad, die hoofantagonis, vang Van der Dussen uit vir 98 van Wood se boulwerk. 

27 Jan. 15:03:24

Van der Dussen (98*) dryf Stokes reguit grens toe en hardloop 'n enkellopie met die volgende bal. Hy staan nou op die randjie van sy eerste toetshonderdtal. 

27 Jan. 14:58:33

'n Aflewering van Stokes bly laag, tref die onderkant van Du Plessis (35) se kolf en spat op sy paaltjies. 

Broad deel 'n paar woorde terwyl Du Plessis afstap. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Sa T. Engeland  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.