Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA (209; 102/6) t. Eng (499/9)
  • Engeland het sy eerste beurt Vrydag op 499/9 gesluit verklaar. 
  • Suid-Afrika kolf Sondag op 208/6 in sy eerste beurt voort.
  • Die Proteas is vir 209 uitgeboul Sondagoggend en gevra om op te volg. 
  • Suid-Afrika het uitskeityd op 102/6 bereik, steeds 188 lopies agter.

* Spanne: Suid-Afrika: Dean Elgar, Pieter Malan, Zubayr Hamza, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Quinton de Kock, Vernon Philander, Keshav Maharaj, Dane Paterson, Kagiso Rabada, Anrich Nortje. 

Engeland: Dom Sibley, Zak Crawley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Dom Bess, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

19 Jan. 18:03:08

'n Vernederende dag vir die Proteas, maar minstens het Faf du Plessis weer vir sy span geveg. 

Net reën, wat vir Maandag voorspel word, kan Philander (13*) en Maharaj (5*) help om die span van 'n nederlaag te red. 

19 Jan. 17:23:39

Joe Root vat sy vierde paaltjie en dis die Protea-kaptein Du Plessis wat moet terugstap ná 'n beurt van 36 (123 balle). 

19 Jan. 17:04:23

Joe Root kry sy derde paaltjie van die dag. Hy laat Quinton de Kock (3) deur Mark Wood uitvang. 

Suid-Afrika is op die rand van die afgrond op 74/5. Dit is steeds 'n agterstand van 216 lopies op Engeland se eerstebeurttelling van 499/9. 

19 Jan. 16:35:10

Rassie van der Dussen (10) word in die slagysterposisie deur Ollie Pope uitgevang van Joe Root se boulwerk. 

19 Jan. 15:58:12

Du Plessis (12*) en Van der Dussen (0*) kolf nou na die teepouse voort. 

19 Jan. 15:38:12

Die Engelse kaptein, Joe Root, slaan toe. Hy vang Pieter Malan been voor paaltjie vir 12. 

Dit is nou ook teetyd, met Suid-Afrika op 44/3. 

19 Jan. 14:38:18

Hamza kry randjie aan die bykant by op 'n aflewering van Mark Wood en word uitgevang vir 2. 

19 Jan. 14:20:08

Net soos 'n mens verwag het, is die eerste aflewering na Hamza 'n opslagbal. 

Wood gaan hom met kort balle peper. 

19 Jan. 14:18:28

19 Jan. 14:17:54

Ses minute ná spel begin, boul Wood vir Elgar (15) skoon. 'n Goeie bal, maar Elgar moes liewer reguit speel as om na die bykant te wil speel. Die bal tref sy beenskut en ruk sy wegpen uit die aarde uit. 

Suid-Afrika staan op 18/1.

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.