Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA verloor met beurt en 53 lopies
  • Engeland het sy eerste beurt Vrydag op 499/9 gesluit verklaar.
  • Suid-Afrika is Sondag vir 209 in sy eerste beurt uitgeboul en gevra om op te volg. 
  • Die Proteas is Maandagoggend vir 237 uitgeboul. 
  • Engeland wen met 'n beurt en 53 lopies en neem die voortou in die reeks met 2-1. 

* Spanne: Suid-Afrika: Dean Elgar, Pieter Malan, Zubayr Hamza, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Quinton de Kock, Vernon Philander, Keshav Maharaj, Dane Paterson, Kagiso Rabada, Anrich Nortje. 

Engeland: Dom Sibley, Zak Crawley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Dom Bess, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

20 Jan. 11:50:56

Engeland hardloop Maharaj vir 71 uit en Engeland wen die toets met 'n beurt en 53 lopies. 

20 Jan. 11:34:26

Maharaj (63) en Paterson (26) deel nou die grootste tiendepaaltjievennootskap (78) nog op St. Georgepark. 

20 Jan. 11:21:32

Maharaj (51) speel 'n veeghou en behaal sy vyftigtal. Hy het 'n goeie toets beleef en ook vyf paaltjies in die eerste beurt gevat. 

20 Jan. 11:17:51

Keshav Maharaj (46) slaan Joe Root vir 4, 4, 4, 6, 6, en kry vier bylopies in een boulbeurt!

Hy en Paterson (17*) se vennootskap is nou 52 lopies werd om die laaste paaltjie. 

20 Jan. 10:55:40

Nortje kan nie weer ingrawe soos in die eerste beurt nie. Bess kry hom uit vir 5. 

Suid-Afrika steier op 138/9. Engeland benodig een paaltjie om met 2-1 voor te trek in die reeks. 

20 Jan. 10:29:16

Rabada, wat Root vir 'n briljante ses oor halfweg geslaan het en Broad vir 'n vier verby halfby, slaan 'n bal in die lug op en word van Wood se boulwerk deur Broad op halfby uitgevang vir 16. 

Die einde is naby. Nortje is die volgende kolwer. 

20 Jan. 10:02:18

Philander is uit met die tweede bal van die oggend. Broad laat hom in die slagysterposisie deur Ollie Pope uitvang. 

20 Jan. 09:57:51

Daar word eers vir na eenuur reën voorspel. Die weergode gaan die Proteas nie red nie. 

20 Jan. 09:48:14

Faf du Plessis het weer 'n bietjie veggees gewys onderweg na sy telling van 36 van 123 aflewerings. 

20 Jan. 09:48:14
Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.