Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA (208/6) t. Eng (499/9)
  • Engeland het sy eerste beurt Vrydag op 499/0 gesluit verklaar. 
  • Suid-Afrika kolf Saterdag op dag 3 met sy telling op 60/2 voort. 
  • Die Proteas behaal uitskeityd op 208/6.

* Spanne: Suid-Afrika: Dean Elgar, Pieter Malan, Zubayr Hamza, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Quinton de Kock, Vernon Philander, Keshav Maharaj, Dane Paterson, Kagiso Rabada, Anrich Nortje. 

Engeland: Dom Sibley, Zak Crawley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Dom Bess, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

18 Jan. 18:02:28

Die Proteas kolf Sondag op 208/6 voort, met De Kock (63*) en Philander (27*) voor die penne.

18 Jan. 17:36:07

Suid-Afrika vorder tot by 200.

18 Jan. 17:18:34

'n 50-tal vir Quinton de Kock (52)! Hy bereik sy 20ste toetsvyftigtal.

18 Jan. 16:51:59

Nortje se briljante vegpoging kom tot 'n einde na 18 lopies en 136 balle. Hy het baie beter gevaar as baie topordekolwers. 

Stokes vat sy paaltjie. Natuurlik is dit Stokes wat die deurbraak sal maak!

18 Jan. 16:27:44

De Kock (32*) en Nortje (18*) het nou al 'n vennootskap van 41 opgestapel en die Proteas tot by 150 laat vorder. 

Daar word reën vir Sondag en 'n bietjie vir Maandag voorspel, so Suid-Afrika moet net vasbyt. Daar is beslis nog iets om voor te speel. Die toets kan gered word. 

18 Jan. 15:28:52

Die spanne kan tot 18:30 speel. 

18 Jan. 15:27:11

Die seile is weer af en die paaltjies is in die grond. Spel gaan binnekort hervat. 

18 Jan. 15:17:27

En hier begin dit weer reën!

18 Jan. 15:13:02

Spel begin weer 15:26. 

18 Jan. 15:01:23

En weer eens word die seile afgehaal. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.