Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA (183) t. Eng (400, 248)

* Spanne: SA: Pieter Malan, Dean Elgar, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Quinton de Kock, Temba Bavuma, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Anrich Nortje, Dane Paterson, Beuran Hendricks.

Engeland: Zak Crawley, Dom Sibley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Chris Woakes, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

26 Jan. 17:57:40

Suid-Afrika word gevra om 466 vir 'n onwaarskynlike oorwinning aan te teken.

26 Jan. 17:47:58

Pretorius boul vir Wood (18) skoon. 

Engeland se voorsprong is 457 lopies met een paaltjie staande. 

26 Jan. 17:45:56

Joe Root slaan sy tweede vyftigtal van die toets. 

26 Jan. 17:24:51

Hendricks slaan weer toe! Hy laat Woakes agter die penne uitvang vir sy vierde paaltjie van die beurt. 

26 Jan. 17:22:40

Curran (35, 29 balle) probeer een hou te veel speel en Hendricks kry sy derde paaltjie. 

Engeland se voorsprong is reeds 423 lopies. 

26 Jan. 16:43:44

Nortjé kry Buttler uit vir 8, De Kock benut die vangkans. 

26 Jan. 16:30:20

Nortjé laat Pope randjie bykry en De Kock vang hom agter die penne uit. Dit is De Kock se 200ste toets-slagoffer. 

26 Jan. 16:12:49

Stokes is uit! Hy kry randjie by op 'n aflewering van Hendricks. 

Pope is die volgende kolwer. 

26 Jan. 15:43:57

Hendricks slaan toe! Sibley (44) is boos verby nadat hy 'n swak aflewering in Pieter Malan se hande op vlak middebaan inslaan. 

Engeland se voorsprong is reeds 309. 

Stokes stap middel toe en word met 'n groot geboe begroet. 

26 Jan. 15:12:05

Engeland bereik teetyd op 86/2 - 'n voorsprong van 303 lopies. 

Root (10*) en Sibley (39*) sal ná teetyd voortkolf. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.