Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA (88/6) t. Eng (400)

* Spanne: SA: Pieter Malan, Dean Elgar, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Quinton de Kock, Temba Bavuma, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Anrich Nortje, Dane Paterson, Beuran Hendricks.

Engeland: Zak Crawley, Dom Sibley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Chris Woakes, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

25 Jan. 18:31:34

Nortje val net voor uitskeityd en die Proteas sluit die dag op 88/6 af. 

25 Jan. 18:07:18

Bavuma verloor sy paaltjie vir 6. Hy word in die glippe uitgevang van Wood se boulwerk. 

25 Jan. 17:30:02

Woakes betrap Du Plessis been voor paaltjie. Hy spring en die bal tref hom bo die knierol, so hy verwys. Die kykweer wys die skeidsregter se beslissing moet staan. 

Temba Bavuma kry 'n reuse-toejuiging. 

25 Jan. 16:56:40

De Kock kolf voor Bavuma.  

25 Jan. 16:55:43

Dean Elgar smyt sy paaltjie vir 29 weg. Hy word op punt uitgevang van Stokes se boulwerk af.

25 Jan. 16:41:38

Rassie van der Dussen bly nie lank nie. Sam Curran kry hom vir 'n nulletjie uit - Stokes benut die vangkans op glip. 

25 Jan. 16:35:14

Die toeskouers dreunsing: "Ed Sheeran, Ed Sheeran, Ed Sheeran!" terwyl Ben Stokes boul. 

25 Jan. 16:31:09

Mark Wood maak die deurbraak vir Engeland en laat Pieter Malan (15) agter die penne uitvang. 

25 Jan. 16:11:28

BREKENDE NUUS: Ben Stokes is daaraan skuldig bevind dat hy die IKR se gedragskode oortree het.

Hy is een strafpunt toegedien en met 15% van sy wedstrydgeld beboet nadat hy 'n toeskouer toegesnou het: "Kom sê dit vir my buite die stadion, jou f*kk*en vieroog-k*nt". 

Stokes het om verskoning gevra vir die voorval. 

25 Jan. 15:41:28

Teen 'n tempo stadiger as slakkepas bereik Suid-Afrika teetyd ongeskonde op 11/0 ná 12 boulbeurte. 

Dean Elgar (4*) en Pieter Malan (7*) oorleef. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.