Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA t. Eng (192/4)

Spanne: SA: Pieter Malan, Dean Elgar, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Quinton de Kock, Temba Bavuma, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Anrich Nortje, Dane Paterson, Beuran Hendricks.

Engeland: Zak Crawley, Dom Sibley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Chris Woakes, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

24 Jan. 17:59:29

Die skeidsregters roep die spelers van die veld af weens swak lig. 

Dit behoort uitskeityd te wees. 

Engeland sal Saterdag op 192/4 voortkolf (Root 25*, Pope 22*). 

Die dag behoort aan Engeland. 

24 Jan. 17:14:40

Stokes is ook net mens! Hy probeer 'n aflewering van Nortje deur die bykant speel, maar kry randjie by en word deur Rassie van der Dussen uitgevang. 

24 Jan. 17:01:34

Denly, wat twee lewens gekry het, verloor eindelik sy paaltjie. Paterson tref 'n goeie lengte en die bal beweeg net genoeg van die naat af om die buiterand te kry. Van der Dussen vang hom op eerste glip en hy is uit vir 27. Dit het gelyk of hy met meer gesag wou kolf, maar dit pas hom nie. 

Ben Stokes is die volgende kolwer. 

24 Jan. 16:27:30

Philander kry uiteindelik sy paaltjie! Hy laat Crawley op eerste glip deur Rassie van der Dussen uitvang vir 66. 

Engeland het twee paaltjies vir nege lopies verloor. 

Joe Root is die volgende kolwer. 

24 Jan. 16:13:36

Uiteindelik 'n deurbraak. Sibley kry randjie by op 'n bal wat aan sy bykant verby sou skiet en De Kock benut 'n skitterende vangkans. 

Dit is Hendricks se eerste toetspaaltjie. En Suid-Afrika het dit desperaat nodig gehad. 

24 Jan. 15:44:40

Die Proteas se vrotsige boulwerk help Engeland om teetyd op 'n koel 100/0 na 30 boulbeurte te bereik. 

Crawley (57*) en Sibley (39*) is groentjies, maar lyk soos meesterkolwers teen die Proteas se futlose pogings. 

Die son is ook nou uit en die kolfblad lyk goed. Dit voorspel moeilikheid vir Suid-Afrika.

24 Jan. 15:25:26

Crawley (56*) word deur 'n Nortjé-aflewering van 149 km/h vierkantig op die kop getref.

Die mediese personeel kyk of hy oukei is. 

24 Jan. 15:09:36

Crawley se vyftigtal het slegs 80 aflewerings in beslag geneem. 

24 Jan. 15:08:51

Crawley bereik sy eerste toetsvyftigtal. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.