Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA (60/2) t. Eng (499/9)
  • Engeland het Vrydagoggend op dag twee op 224/4 voortgekolf en sy beurt vir 499/9 gesluit verklaar. 
  • Suid-Afrika staan op 60/2 teen uitskeityd. 

* Spanne: Suid-Afrika: Dean Elgar, Pieter Malan, Zubayr Hamza, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Quinton de Kock, Vernon Philander, Keshav Maharaj, Dane Paterson, Kagiso Rabada, Anrich Nortje. 

Engeland: Dom Sibley, Zak Crawley, Joe Denly, Joe Root, Ben Stokes, Ollie Pope, Jos Buttler, Sam Curran, Dom Bess, Mark Wood, Stuart Broad. 

Telkaart. 

17 Jan. 17:50:17

Dit is uitskeityd in die Baai. Die Proteas kolf Saterdag met die telling op 60/2 voort. Elgar (32*) en die naguiltjie Nortje (0*) sal die beurt hervat.

17 Jan. 17:45:13

Hamza staan sy paaltjie ook aan Bess af. Pope vang hom uit in die slagysterposisie. 

17 Jan. 17:18:59

My woorde was skaars koud toe skep Malan 'n bal van Dom Bess terug na die draaier. Hy stap terug vir 18. Dit was baie sag. 

17 Jan. 17:16:24

Die Proteas begin puik met 'n vennootskap van 50 tussen Elgar (32*) en Malan (18*). 

17 Jan. 16:30:26

Malan en Elgar begin die beurt vir Suid-Afrika, Broad begin die boulwerk. 

17 Jan. 16:21:16

Na 152 uitmergelende boulbeurte verklaar Engeland eindelik met die paaltjie van Wood (42, 23 balle) op 499/9. 

Suid-Afrika is 'n goeie klap toegedien. Keshav Maharaj (5/180 in 58 boulbeurte) eindig met vyf paaltjies. 

Ollie Pope (135*) lyk na 'n toekomstige ster.  

17 Jan. 16:08:01

Die mees bisarre reeks van gebeure het sopas afgespeel.

Rabada laat Mark Wood (25) uitvang en Engeland verklaar, maar die kykweer wys Rabada het 'n foutbal afgestuur en Wood is nie uit nie. Die spelers is almal op pad van die veld af, maar Joe Root besluit nee, as Wood nie uit is nie, on-verklaar hy! Engeland kolf nou verder en Wood piets vir Rabada grens toe. 

17 Jan. 15:59:00

Engeland skuif tot by 450. 

17 Jan. 15:23:55

Maharaj kry Bess uit. Malan benut 'n skitterende refleks-vangskoot onder die kopskerp op vlak dekpunt langs die kolwer. 

Die skiedsregters roep teetyd en die Engelse is in beheer op 426/8. 

17 Jan. 15:13:33

Pope dryf Nortje verby middebaan vir vier vir sy eerste toetshonderdtal. 

Hy lyk na 'n skitterende speler. 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.