Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA t. Indië (SA: 132/8)
  • Indië het Suid-Afrika reeds teen die toue nadat hy 'n eerstebeurttelling van 497/9 aangeteken het. 
  • Die Proteas het uitskeityd op dag twee met hul telling op 9/2 bereik. 
  • Suid-Afrika is vir 162 uitgeboul - 'n agterstand van 335 lopies en Indië vra die Proteas om op te volg.
  • Dean Elgar, wat deur 'n opslagbal teen die kop getref is, sal nie verder in die toets kolf nie. Theunis de Bruyn sal in sy plek as 'n kopbesering-plaasvervanger kolf. 
  • Die Proteas bereik uitskeityd op 132/8. 

Telkaart.

21 Okt. 13:45:15

Dit is uitskeityd. Suid-Afrika staan op 132/8 (Theunis de Bruyn 30*, Anrich Nortjé 5*). Die Proteas is nog 203 agter Indië se eerstebeurttelling en staar 'n beurtnederlaag in die gesig.

21 Okt. 13:30:30

Rabada is uit vir 12. Ashwin kry sy eerste paaltjie van die beurt. Suid-Afrika steier op 121/8. 

21 Okt. 13:13:26

Piedt word gestonk. 

21 Okt. 12:49:18

Linde word uitgehardloop en Suid-Afrika staan op 67/6. 

21 Okt. 12:43:10

Die paaltjiewagter Saha is van die veld. Hy het sy vinger seergemaak. Rishabh Pant neem die groot handskoene by hom oor. 

21 Okt. 12:05:26

Dean Elgar gaan nie verder kolf nie - Theunis de Bruyn sal in sy plek kolf. Die Internasionale Krieketraad (IKR) se regulasies maak voorsiening vir 'n kopbesering-plaasvervanger. 

Marnus Labuschagne het vroeër vanjaar in die reeks om die As die eerste harsingskuddingsplaasvervanger geword nadat Steve Smith deur 'n opslagbal getref is. 

21 Okt. 11:55:16

Klaasen is ook uit. SA staan op 36/5. 

21 Okt. 11:29:33

Elgar (16) het nie uitgestap om te kom kolf ná teetyd nie. 

George Linde kolf saam met Klaasen.

21 Okt. 11:09:13

Dean Elgar word teen die kop raakgeboul. Terwyl hy behandeling ontvang, breek die spelers vir teetyd. 

Suid-Afrika staan op 26/4. 

21 Okt. 11:02:51

Temba is uit vir 0. 

Die Proteas lyk soos patete. 

Meer oor:  Indië  |  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.