Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA t. Pak (Pak 33/4)

Suid-Afrika: Aiden Markram, Dean Elgar, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Quinton de Kock, George Linde, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi.

Pakistan: Abid Ali, Imran Butt (debuut), Azhar Ali, Babar Azam, Fawad Alam, Mohammad Rizwan, Faheem Ashraf, Hassan Ali, Nouman Ali (debuut), Yasir Shah, Shaheen Afridi.

SA (1ste beurt) 220

Telkaart.

26 Jan. 14:32:21

Dit is uitskeityd. Op die ou end 'n goeie dag vir SA, maar die kolfwerk was power.

'n Volledige verslag volg binnekort.

26 Jan. 14:24:18

Nog een! Nortjé boul Afridi, die naguiltjie, skoon.

26 Jan. 14:18:47

Die beslissing word gehandhaaf! Die groot vis is uit vir 7.

26 Jan. 14:17:30

Keshav Maharaj maak 'n deurbraak! Hy betrap Babar Azam bvp, maar Azam verwys.

26 Jan. 13:57:27

Kwiksilwer KG. Rabada was tot dusver skitterend met 2/8 in ses beurte.

26 Jan. 13:36:27

Nog een vir Rabada! 'n Skerp aflewering verras die debutant Imran Butt (9) en hy word uitgevang nadat die bal van sy handskoen af opskiet.

Dit is goed om Rabada terug te hê.

26 Jan. 13:24:19

Rabada slaan toe! Hy boul Abid Ali skoon vir 4. 

Pakistan staan op 5/1. Dié vroeë paaltjie, is net wat Suid-Afrika nodig gehad het.

 

26 Jan. 12:55:32

Afridi kry Ngidi uit vir 8.

Suid-Afrika se beurt eindig op 220. Swak kolfvertoning deur die Proteas.

26 Jan. 12:33:44

Nortje word uitgeknikker vir 'n nulletjie deur Shah.

26 Jan. 12:21:48

Linde kry sy tydsberekening verkeerd met 'n trekhou op 'n aflewering van Hasan Ali en word uitgevang vir 35. 

Suid-Afrika staan op 194/8.

 

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Pakistan  |  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.