Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA t. Pakistan (SA 187/4)

Suid-Afrika: Aiden Markram, Dean Elgar, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Quinton de Kock, George Linde, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi.

Pakistan: Abid Ali, Imran Butt (debuut), Azhar Ali, Babar Azam, Fawad Alam, Mohammad Rizwan, Faheem Ashraf, Hassan Ali, Nouman Ali (debuut), Yasir Shah, Shaheen Afridi.

SA (1ste beurt) 220

Pak (1ste beurt) 378

Telkaart.

28 Jan. 14:25:36

Suid-Afrika sluit die dag op 187/4 af, 'n voorsprong van 29 lopies. 

Die Proteas het veggees getoon, maar is steeds op die agtervoet. 'n Goeie dag môre kan Suid-Afrika egter in 'n posisie plaas om die toets te probeer wen. 

'n Verslag volg binnekort.

28 Jan. 14:14:40

'n Skitterende beurt deur Markram kom tot 'n einde vir 74.

28 Jan. 14:10:40

Du Plessis is uit vir 10, bvp geboul deur Shah. 

Suid-Afrika se voorsprong is 27 lopies, met drie boulbeurte in die dag oor. Keshav Maharaj stap in as naguiltjie. 

28 Jan. 13:55:14

Du Plessis word bvp uitgegee, maar ook die beslissing word omgekeer. Dis die derde een. 

28 Jan. 13:50:14

Van der Dussen is uit vir 64, Yasir Shah maak die deurbraak. 

Van der Dussen het hom nietemin goed van sy taak gekwyt.

28 Jan. 13:23:14

Suid-Afrika het die agterstand uitgewis. Die Proteas is nou met 3 lopies voor. Skitterende werk deur Van der Dussen en Markram, wat 'n terugvegpoging. 

28 Jan. 13:18:54

Rassie van der Dussen word bvp uitgegee, verwys die beslissing en oorleef!

28 Jan. 13:07:57

Die vennootskap is nou 102 lopies van 250 balle werd.

Skitterende werk deur Van der Dussen en Markram.

28 Jan. 13:07:01

50 vir Rassie van der Dussen! 

28 Jan. 12:34:19

Aiden Markram kry sy eerste vyftigtal in Asië.

Meer oor:  Pakistan  |  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.