Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
HOOGTEPUNTE: SA t. Pakistan (SA 187/4)

Suid-Afrika: Aiden Markram, Dean Elgar, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Quinton de Kock, George Linde, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi.

Pakistan: Abid Ali, Imran Butt (debuut), Azhar Ali, Babar Azam, Fawad Alam, Mohammad Rizwan, Faheem Ashraf, Hassan Ali, Nouman Ali (debuut), Yasir Shah, Shaheen Afridi.

SA (1ste beurt) 220

Pak (1ste beurt) 378

Telkaart.

28 Jan. 12:18:53

Suid-Afrika skuif verby 100. Markram (39*) en Van der Dussen (27*) kolf baie kalm en berekend. 

100/1.

28 Jan. 11:17:31

Markram word op 27 laat val van Shah se boulwerk af.

28 Jan. 11:13:28

Nuus oor Dean Elgar: Daar gaan x-strale van sy hand geneem word om die skade te bepaal. Die bioborrel sal nie verbreek word nie. 

28 Jan. 10:02:14

Maar hy verloor sy paaltjie. Hy poog 'n veeghou teen Yasir Shah en word uitgevang vir 29.

Suid-Afrika staan op 48/1.

28 Jan. 10:00:50

Elgar is op die handskoen getref en hy is opsigtelik in baie pyn. Hy veg egter voort.

28 Jan. 09:01:00

Dis middagete op dag 3. Suid-Afrika staan op 37/0, 'n agterstand van 121 lopies.

28 Jan. 08:44:16

Rabada vier sy 200ste toetspaaltjie. 

28 Jan. 08:18:55

Die bal is buite die bypen geplant en Markram is dus veilig. 

28 Jan. 08:17:51

Markram word bvp betrap, maar stuur die beslissing dadelik na die TV-skeidsregter...

28 Jan. 07:56:07

Maharaj betrap Nauman bvp vir 24 en die marteling is eindelik verby.

Die skade is egter gedoen.

Pakistan is uit vir 378 - 'n voorsprong van 158 lopies.

Meer oor:  Pakistan  |  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.