Suid-Afrika: Aiden Markram, Dean Elgar, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Quinton de Kock, George Linde, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi.
Pakistan: Abid Ali, Imran Butt (debuut), Azhar Ali, Babar Azam, Fawad Alam, Mohammad Rizwan, Faheem Ashraf, Hassan Ali, Nouman Ali (debuut), Yasir Shah, Shaheen Afridi.
SA (1ste beurt) 220
Telkaart.
Pakistan wen die dag.
Hulle kolf Donderdag op 308/8 voort, 'n voorsprong van 88 lopies.
Maharaj boul vir Hasan Ali skoon... maar dis 'n foutbal. Onverskoonbaar.
Nortje boul vir Faheem skoon.
Uiteindelik 'n deurbraak!
Ngidi kry vir Fawad (109) uit.
Pakistan se voorsprong is 58 - reeds beduidend.
Fawad Alam bereik sy honderdtal met 'n reuseses.
Pakistan is nou in beheer, met 'n voorsprong van 22 lopies.
De Kock laat val vir Faheem (22) van Rabada se boulwerk. Dit was wel 'n taai kans.
Faheem en Fawad se vennootskap is nou 50 lopies werd.
Dis nou maak of breek vir Suid-Afrika.
Die tellings is nou gelykop. Pakistan het nou die hef in die hand, met vier paaltjies staande.
Dis teetyd en Pakistan staan op 178/6.
Ngidi slaan toe! Hy laat vir Rizwan (33) op glip deur Faf du Plessis uitvang en die Proteas sal nou weer beter voel. Pakistan is 44 lopies agter, met vier paaltjies staande.
Faheem Ashraf is die volgende kolwer.