Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rilee bly vir Knights beskikbaar
Rilee Rossouw

Rilee Rossouw sal vir die res van die huidige seisoen asook volgende seisoen, wanneer hy nie in buitelandse T20-toernooie speel, vir die Knights beskikbaar wees.

Die voormalige Protea-kolwer is weens sy Kolpak-kontrak vir die volgende drie jaar – dit kan tot vier verleng word – nie meer vir Suid-Afrika beskikbaar nie.

Die finale papierwerk tussen Krieket Suid-Afrika en Rossouw se agent, Weber van Wyk, word Dinsdag voltooi.

Johan van Heerden, uitvoerende hoof van die Knights, het bevestig hulle sal Rossouw (27) vorentoe, soos wat hy beskikbaar is, steeds betrek.

Hy het Maandag met Rossouw oor sy toekoms vergader.

“Rilee is van hier en ons wil graag hê hy moet vir ons (in die Suid-Afrikaanse somer) speel wanneer hy hier is. Ons sal hom soos hy beskikbaar is per wedstryd betaal,” sê Van Heerden.

Rossouw gaan vandeesweek se meerdagwedstryd teen die Dolphins in Kimberley weens sy voetbesering misloop, maar kan dalk vir die span se volgende wedstryd teen die Warriors in Bloemfontein oorweeg word.

Die moontlikheid is intussen groot dat hy volgende maand in die Pakistanse Superliga in die Verenigde Arabiese Emirate in aksie gaan wees.

Rossouw sal waarskynlik ook probeer om volgende seisoen in Australië se T20-Big Bash-liga te speel.

Die Knights se aanvangsbouler Marchant de Lange, wat luidens berigte ook ’n Kolpak-kontrak kan sluit, het by Maandag se oefening gesê hy het nog niks onderteken nie.

De Lange het herstel van brongitis en sal vandeesweek in Kimberley teen die Dolphins in aksie wees.

Die Knights sal eers Woensdag hoor of hulle die kaptein, Theunis de Bruyn, of Duanne Olivier kan kies.

Die twee is in die Proteas se groep vir die derde en laaste toets teen Sri Lanka wat Donderdag op die Wanderers in Johannesburg begin.

De Bruyn is Maandag ook ingesluit in die Proteas se groep vir hul drie T20-wedstryd vandeesmaand teen die toerspan.

Meer oor:  Rilee Rossouw  |  Kolpak-Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.