Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Mohammad Rizwan lei terugvegpoging
Mohammad Rizwan speel ’n haakhou op dag twee teen Engeland in Southampton. — Foto: Reuters

’n Wonderlike vegtersbeurt deur Pakistan se buksie-paaltjiewagter, Mohammad Rizwan, het die besoekers gehelp om terug te veg op dag twee teen Engeland in Southampton.

Rizwan (60 van 116 balle; 5x4) het Pakistan tot 223/9 gehelp op die einde van dag twee van die tweede toets.

Slegs 86 van die beplande 180 boulbeurte van die eerste twee dae was moontlik weens reën en swak lig.

Die besoekers het die dag op 126/5 begin.

Pakistan se totaal klink dalk nie te waffers nie, maar in die toestande is hy beslis nog nie met die rug teen die muur in dié toets nie. Die toestande, die baanblad en die weer, is uiters gunstig vir die boulers en die kenners meen ’n telling van 250 in dié toestande is baansyfer.

Met Pakistan se uitstekende boulaanval het hy beslis nog ’n kans in die wedstryd.

Engeland se twee veteraan-naatboulers, James Anderson (3/48) en Stuart Broad (3/56), het die meeste sukses met die bal behaal.

Meer oor:  Pakistan  |  Krieket  |  Southampton  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.