Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rocks speel gasheer vir eindstryd

Twee van die drie spanne wat vanjaar in die uitspeelronde van die Mzansi-superliga gaan speel, is nou bekend.

Tabraiz Shamsi se twee paaltjies het die Paarl Rocks Sondag gehelp om die Nelson Mandela Bay Giants in die Paarl te troef. Foto: Gallo Images

Die Paarl Rocks het Sondag die Nelson Mandela Bay Giants met 11 lopies op hul tuisveld geklop in ’n stryd tussen die voorlopers in die reeks om seker te maak dat hulle die eindstryd volgende Maandag in die Paarl sal aanbied.

Ofskoon die Giants verloor het, kan hulle nie laer as tweede op die puntelys eindig nie. Die manne van die Baai sal dus Vrydagaand die uitspeelwedstryd aanbied. Dit is nog onseker wie hul teenstanders sal wees.

Die Tshwane Spartans se laaste groepwedstryd Sondag teen die Cape Town Blitz in Centurion het uitgereën, wat beteken dat die Spartans op 23 punte geëindig het.

Die Durban Heat, wat Dinsdag hul laaste wedstryd teen die Jozi Stars in Durban speel, is tans op 20 punte en kan die Spartans verbysteek sou hulle wen.

Dit is as die reën nie weer ’n sê het nie. Vyf van die Spartans se 10 wedstryde is afgelas weens reën, terwyl die Heat vier wedstryde weens weerstoestande verloor het.

Die span wat derde eindig, sal Vrydag teen die Giants op St. Georgepark speel. Die wenner van dié wedstryd speel dan Maandag teen die Rocks in die Paarl.

Die Rocks het Sondag eerste gekolf en danksy ’n vennootskap van 61 (45 balle) tussen Kyle Verreynne (36 van 20b; 5x4) en Isuru Udana (27 van 21 b; 1x6) 168/5 in hul 20 beurte aangeteken.

Dit was ten spyte van ’n uitstekende boulskof deur die veteraan Imran Tahir 4-0-14-2.

Die Rocks se twee draaiers, Tabraiz Shamsi (2-25) en Bjorn Fortuin (0-19), het ook puik gevaar.

Die twee draaiers was regdeur die reeks die Paarliete se grootste gevaar met die bal en het weer die teenstanders se momentum in die middelbeurte gestuit. Hulle is veral gevaarlik op die stadige blad in die Paarl waar die groot buiteveld ook help.

Shamsi-hulle sal in die eindstryd ’n groot deel van Faf du Plessis (kaptein) se planne uitmaak.

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Paarl Rocks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.