Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rocks verloor Vince voor eindstryd

Die Paarl Rocks sal komende Maandag op sy gevaarlike boulaanval staatmaak as hy die Mzansi-superliga wil wen.

Die Rocks is een van hul staatmaker-kolwers, die Engelsman James Vince, kwyt omdat hy Australië toe vertrek voor die eindstryd.

Vince speel volgende Woensdag in sy eerste wedstryd in vanjaar se Big Bash-toernooi wanneer sy span, die Sydney Sixers, teen die Perth Scorchers te staan kom.

Faf du Plessis in aksie Sondag teen die Nelson Mandela Bay Giants in die Paarl. Foto: Gallo Images

Vince was een van die Rocks se groot staatmakers in die afwesigheid van JP Duminy en Aiden Markram.

Albei Proteas het hulle voor die toernooi met beserings onttrek.

Dit lyk ook onwaarskynlik of Dwayne Pretorius, veelsydige speler van die Proteas, beskikbaar sal wees vir die eindstryd.

Pretorius het vroeër in die reeks.’n beentjie in sy hand gekraak. Ná ’n ondersoek later in die week sal daar bepaal kan word of hy kan speel.

Die Rocks gaan dus baie swaar leun op hul kaptein, Faf du Plessis, en die ervare aanvangspaar van Henry Davids en Cameron Delport.

Die Paarliete sal eers Vrydagaand weet teen wie hulle in Maandag se eindstryd sal speel. Die Nelson Mandela Bay Giants bied die uitspeelwedstryd in die Baai aan, maar sal ook eers Dinsdagaand uitvind teen wie húlle speel.

Die Durban Heat Pak die segelose Jozi Stars in Durban en móét die wedstryd wen om derde te eindig om deur te dring tot die uitspeelwedstryd.

As die Stars wen of die wedstryd word afgelas vanweë die reën, sal die Tshwane Spartans Vrydagaand die Giants pak.

Dit is egter die Paarl se boulers wat tot dusver die grootste rol in die span se oorwinnings gespeel het.

Hoewel die twee draaiers, Tabraiz Shamsi en Bjorn Fortuin, tot dusver ’n groot deel van die krediet vir hul span se sukses kry, kan die boulwerk van die Sri Lankaan Isuru Udana en Ferisco Adams in die doodsnikke ook nie onderskat word nie.

Meer oor:  Paarl  |  James Vince  |  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Paarl Rocks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.