Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rohit blink ná Quinny vroeg stap
Rohit Sharma Foto: Gallo Images

Rohit Sharma het met sy 80 lopies net kort gedraai van sy 5 000ste lopie in die Indiese Premierliga (IPL), maar dit was genoeg om die Mumbai Indians teen die Kolkata Knight Riders terug op die wenpad te plaas.

Mumbai het 195/5 opgestapel Woensdag in Abu Dhabi om KKR (146/9) toe met 49 lopies te klop.

Virat Kohli (Royal Challengers Bangalore) en Suresh Raina (Chennai Super Kings) is die enigste twee kolwers wat al 5 000 of meer lopies in die IPL aangeteken het.

Die 33-jarige Sharma, aanvangskolwer en kaptein van Mumbai, staan ná sy 80 van 54 balle nou op 4 990.

Sharma en Suryakumar Yadav (47) het Mumbai momentum gegee met 90 om die tweede paaltjie nadat die Protea Quinton de Kock (1) in die tweede beurt uit is toe Mumbai ingestuur is om te kolf.

KKR het te stadig begin in hul kolfbeurt wat hulle onder druk geplaas het.

Mumbai se snelbouler Jasprit Bumrah het met 2/5 gespog in drie beurte nadat hy die paaltjies van Andre Russell (11) en Eoin Morgan (16) in een beurt laat kantel het.

Pat Cummins het Bumrah (2/32) se boulsyfers beduiwel met vier sesse in sy vierde boulbeurt.

Die Aussie-kopie van R33 miljoen het 33 van 12 balle op nommer agt geklits wat die hoogste telling in KKR se kolfbeurt was. Hy moes vroeër met die bal met 0/49 in drie boulbeurte tevrede wees. – Sportredaksie, espncricinfo.com

Meer oor:  Indiese Premierliga  |  Rohit Sharma  |  Krieket  |  Mumbai Indians
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.